Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Boere-weermag-haaks-oor-brande

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Boere, weermag haaks oor brande

 
Deur ALANI JANEKE

Boere in die Noord-Kaap ly glo miljoene rand se skade weens opleiding met lewendige ammunisie by die Lohatla-weermagbasis.

Luidens ‘n berig op News24.com het boere in dié omgewing al verskeie kere gekla oor wegholveldbrande wat na bewering deur opleidingsbedrywighede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) veroorsaak word.

Volgens boere het opleiding met lewendige ammunisie verlede week plaasgevind en kort daarna het ‘n brand ontstaan.

Die boere het glo al gevra dat opleiding met lewendige ammunisie tussen September en November tydelike gestaak moet word, maar die weermag sê dit sal sy opleidingsprogramme vertraag. Die weermag het wel belowe dat hy gedurende dié tydperk ekstra versigtig sal wees.

Tydens Operasie Golfino in 2009, ‘n internasionale opleidingsessie, het weiding op 10 plase in die omgewing afgebrand en boere eis tans miljoene rand se skadevergoeding van die SANW.

Voorbrande
Tydens verlede week se opleiding het die weermag glo ook voorbrande gemaak, wat hy na bewering nie kon beheer het nie en wat van die boere se plase afgebrand het.

Mnr. Johan van Rensburg, hoofbestuurder van Agri Noord-Kaap, sê die weermag het verlede jaar  belowe dat hy vuurbreke gereed sal hê voor die brandseisoen, en waterpunte by die gevaarlikste plekke tussen die basis en kommersiële plase sal oprig, maar dit is nog nie in plek nie. Dié stappe sal glo sowat R700 000 kos, en die weermag ondervind glo uitdagings met geld in dié verband.

Van Rensburg sê boere is tans warm onder die kraag oor die situasie, maar hy meen dat as alle partye saamwerk, ‘n oplossing vir die jare lange probleem gevind kan word.

18 Oktober 2010

5
 
 
  • 1327 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
18 Okt 2010 20:09

Die weermag het terduisende rande ongeveer so 'n 2 jaar gelede vir graders betaal om die voorbrande in stand te hou. Dit is nou net 'n kwessie van lui en slapgatgeid dat die voorbrande of nie in stand gehou word nie of gemaak word nie. Maar volgens die brandwet moet voorbrande aan beide kante van 'n grensdraad gemaak word so dit beteken dat die boere in die omgewing ook die nodige voorsorg moet tref aangesien daar so 'n probleem bestaan. Om vir net een party te wag soos bv 'n staatinstelling soos die weermag is 'n mors van tyd. En wat skuldvergoeding vir skade aan betref sal jy vrek gelukkig wees as jy iets uit die staat kry. Die sake kos gewoontlik derduisende rande.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Wynuitvoer kan met 10% styg
  • Rekord-vleispryse voorspel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction