‘n Vrou wat in die Kongo gaan boer het, sê hulle moes ná twee jaar vir hul lewens vlug en raai mense aan om mooi te dink voordat hulle dié stap neem.
Me. Ada Meiring skryf op landbou.com: “Ons is van die vorige groep boere wat deur SADEVCO in die Kongo gaan boer het en na 2 jaar moes vlug vir ons lewens. Nooit Weer Nie!
Die boere wat dit oorweeg om daar te gaan boer het, duidelik geen benul hoe dinge regtig daar inmekaar steek nie. Praat met die boere, en ek bedoel regte boere, wat daar voorheen geboer het.
Niemand weet beter as ons hoe dit is om daar te probeer boer nie. Niemand praat Engels nie, daar is geen skole nie, malaria is so algemeen soos verkoue en 'n mens moet of by jou eie huis mediese sorg kry, deur dokters wat nie Engels kan praat nie, of jy moet terugvlieg Suid-Afrika toe om hier behandel te word. Tensy jy in Point Noir, wat meer kosmopolitaans is, kan gaan bly, moet die vroue en kinders ook maar liewer vir eers in Suid-Afrika agterbly.
Ja, dit is 'n pragtige vrugbare land, maar enigiemand wat dink dat die Congo die land van melk en heuning is, moet mooi dink. Dit is, of was daardie tyd, die 4de duurste land in die werêld, die arbeid is vrek lui, veral die mans. Hulle siesta vanaf 12 to 3 elke dag en die Franse wil regtig geen vooruitgang daar hê nie. Hulle melk die land vir al wat dit werd is, ploeg niks, maar niks, terug in die land nie, en is baie onbehulpsaam, amper vyandig met SA boere wat die plaaslike bevolking wil leer hoe om vir hulself te boer.
Die paaie is ongelooflik sleg. Vlugte tussen Kongo en SA is ook baie duur, so 'n heen en weer gekuier met jou familie hier gaan die goedkoop wees nie!
Vroue wat graag meer oor die werklike Kongo en hoe dit is om te bly en te werk, kan my gerus skakel op 013 792 4932. Kom ons praat en dan oordeel julle maar self.”
Laeveld groete, Ada Meiring
Lees hier oor Loureine Salomon se ondervinding in die Kongo en kyk na foto's van die land. Sy en haar man, Ingo, moes ook vir hul lewens uit die Afrika-land vlug in 1997.
28 Oktober 2009
Kommentaar
jy moet jou huiswerk goed doen voor jy besluit dis gewis
Kan ons nie maar die stuk afhaal dit is regtig afgesaag , bly hier by ons in die land en doen die ding saam met ons hier dit is al wat sal maak dat ons saamstaan. Dit neem plek vir n beter artikel
Dis dalk tyd dat ons almal weer die Bybel begin lees en ophou luister na almal se opinies oor wat reg of verkeerd is. Al die die antwoorde vir al jou probleme is in die Woord opgesluit.
Ek het self vir twee jaar in die Kolwesi gebied Ingenieurs werk gedoen. Wat 'n pragtige , potensiaal-ryke land. Maar daar stop dit. Geen toekoms, geen manier om te boer, geen manier hoe die lewensvorm aldaar verander kan word nie.Luister hierna:Hulle het wel beeste. Dit word na Angola geloop. Al langs die pad kom beeste by hierdie trek. Beeste kalf langs die pad. Hanteerders hou op 'n manier boek. 2 tot 3 jaar verloop. Dan is die hanteerders terug met die geld en word elke eienaar sy deel (plus die aanwas se geld) betaal. Geen verneukery nie.
mkruger, ja dink net hoeveel energie het FW en sy manne ingesit om nie te praat van die huiswerk nie. Kyk waar is ons vandag, in die leeuhok.
Dit kan beslis nie maklik wees in die vreemde nie, maar waarheen as daar soveel plaasmoorde is en die SAP en weermag nie kan of wil help nie?
Ai man. Hoekom sukkel julle dan so met die spelling? Ons moet darem seker eers leer lees en skryf voor ons probeer kommentaar lewer. Die ouens daar buite lees ons goed. Hulle dink ons Afrikaner boere is dom. Mooi loop !
Pieter Nel, get real - om in fee-verhale te glo as die swarte jou bloed soek, is gek-lik. YOu achieve a lot more with a kind work and a gun than with a kind word alone!
Ek boer nie maar het op 'n plaas in die goeie ou Wes Transvaal grootgeword.
Kanada is darem nou nie vergelykbaar met Kongo nie. Net so min kan ons Australie vergelyk met Botswana of Nieu Zeeland met Zambia.Ek en my wederhalf ken hordes mense wat lekker aan die anderkant van die draad boer en woon. Die feit bly staan, ons as blankes is gebrandmerk as rassiste en sal graf toe gaan met daardie "label". Glo my vry, oorals in die wereld word na die witman verwys as die rassis. Daar was in Zambia aan my vertel dat 'n swarte nie 'n rassis kan wees nie.Kyk, niemand kan argumenteer nie, dieper in Afrika is lieflike grond wat wag om bewerk te word, maar ek is jammer, dan dooi ek liewers hier waar ek weet waar ek is, wat ek het en wat tot my beskikking is. Mense, ek praat van persoonlike ondervinding met die negatiewe van ons mooi land, en ek vra vir julle wat wil land uit, dink weer meneer, die gras LYK maar net groener aan die anderkant.
My ondervinding is Afrika ondervinding, ek was al oral en Suid Afrika bly maar die beste.
Boeregroete.
aan agri sa gaan jul die vliegtyg kaarkies betaal as die boere moet vlug vir hul lewens of jy nou in sa of namib of waar ook al in DONKER afrika boer jy is wit en hulle wil ons nie hier he nie Grondherverdeling is net nog n manier van geld mors Hulle kan nie boer nie PINT
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)