Boervrou van Uitenhage vermoor

 

‘n 50-Jarige boervrou se lyk is naby haar plaaswerf gevind. Me. René Slater van die Uitenhage-omgewing was sedert Maandagoggend (15 Februarie) vermis.

Mnr. Cerneels Pietersen, voorsitter van Agri Oos-Kaap, sê ‘n grootskaalse soektog is geloods na Slater se voertuig sowat 13km van die plaas Vaalkrans opgemerk is. “Sy het net na 08:00 by die huis gery, en ‘n buurman het so 10:00 haar bakkie langs die pad opgemerk.”

Pietersen sê sowat 100 plaaswerkers, boere en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die 13km tussen die voertuig en die plaashuis gefynkam. Slater se liggaam is sowat 100m van die huis af gevind waar dit met takke toegegooi was.

Grusame aanval
Volgens Pietersen is Slater baie erg aangerand. “Dis baie grusaam, en die gemeenskap is baie geskok. So ‘n voorval het nog nooit in dié omgewing gebeur nie!”

Hy sê daar heers nog onsekerheid oor wat presies gebeur het. Die verdagte of verdagtes wou moontlik met Slater se voertuig op die vlug slaan, maar die bestuurder het ‘n ongeluk gemaak.

“Die bakkie het deur ‘n hek gegaan en in ‘n heining vasgery.” Pietersen sê die Polisie is tans besig om die toneel vir leidrade te fynkam, en hulle is nog nie seker hoeveel verdagtes betrokke was nie.

Hoekom is kommandostelsel afgeskaf?
Pietersen meen die aanval kon moontlik verhoed word indien die kommandostelsel steeds in plek was. “Almal wat vanoggend gaan help het was deel van die kommandostelsel en het presies geweet wat om te doen, en ons het haar binne twee en ‘n half uur gevind,” vertel hy.

Intussen het landbou.com ‘n petisie teen plaasmoorde en -aanvalle geloods.

Lees ook:

Plaasmoorde: Maar ek boer!

16 Februarie 2010  

4.166665
 
 

Kommentaar

Moeg 

Ek is so moeg vir plaasmoorde, toetaal en al sat daarvoor, niks word gedoen nie, en dit gebeur ook al hoe meer, dink dis tyd om doodstraf terug te bring, was self al hierdeur, my ma en suster deel van gewapende roof, het goed daarvan af gekom, leef darem nog, ma gaan nog elke dag deur daai trauma, en wat! Die saak is uitgegooi, kon niemand skuldig bevind!

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.