THEUNS BOTHA
Sybokhaar Suid-Afrika het die name bekend gemaak van vanjaar se finaliste in die Daidoh-kompetisie vir die beste somer kleinbokkiehaarskeersels, bereken op die hoogste gemiddelde prys vir die seisoen.
Die tien finaliste is mnre. R. du Randt van Pearston, D.W. Herold van Graaff-Reinet, R.M. Heydenrych van Jansenville, D.C. Maasdorp van Pearston, A.L. Michau en seun van Cradock, J.H. Moolman van Middelburg, J.L. Retief en seun van Murraysburg, R.J.E. Retief van Murraysburg, Snyberg-Angoras van Uniondale en Vleikuil-boerdery van Rietbron.
Die Daidoh-maatskappy is een van die grootste mansdaragvervaardigers en verspreiders van bokhaarmateriaal in Japan en borg die kompetisie die afgelope 13 jaar. Die prysgeld beloop R27 500. Die wenners sal op 30 Julie in Port Elizabeth aangekondig word.
18 Julie 2003