Theuns Botha
23 Augustus 2002

1308 keer gelees | 0 kommentaar

Markontleders is teleurgesteld met die prysverloop op die tweede sybokhaarveiling van die winterseisoen in Port Elizabeth.


Markontleders is teleurgesteld met die prysverloop op die tweede sybokhaarveiling van die winterseisoen in Port Elizabeth.

Volgens Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) was pryse onbevredigend, veral in die lig van die verdere verswakking van die rand. CMW sê plaaslike verwerkers het bykans die volle aanbod opgeneem omdat daar min haar in die verwerkingslyn is en die huidige wisselkoers in hul guns tel.

Kleinbokkie- en jongbokhaar het onderskeidelik met 6,8 % en 4,7 % gedaal en grootbokhaarpryse met 5 % tot 7,5 % . Die aanbod het uit heelwat kort bokhaar bestaan, wat pryse verder benadeel het.

SSA bevraagteken die wysheid om plaaslik veilings te hou terwyl verwerkers in die Noordelike Halfrond nog nie in bedryf is nie.

Gemiddelde pryse per kilogram was soos volg (vergelykende syfers vir die ooreenstemmende veiling 'n jaar gelede verskyn tussen hakies): Kleinbokkiehaar R93,03 (R81,29); jongbokhaar R47,12 (R44,44); fyn grootbokhaar R35,12 (R35,41) en grootbokhaar R27,03 (R22,96). Die gemiddelde prys van R45,15/kg is nietemin R6, 28/kg hoër as 'n jaar gelede. Net meer as 81 % van die aanbod is verkoop. Die volgende veiling is op 3 September.

30 Augustus 2002


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights