Deur CORLI VAN DER MERWE
25 Mei 2012

801 keer gelees | 0 kommentaar

’n Jong wynmaker en boer van ’n familiebesigheid in Wellington, mnr. Petrus Bosman, is die wenner van Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar 2012.


’n Jong wynmaker en boer van ’n familiebesigheid in Wellington, mnr. Petrus Bosman, is die wenner van Agri Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar 2012.

Bosman is op ’n spoggeleentheid by Eengezind buite Durbanville as vanjaar se wenner aangewys. Hy sal later vanjaar meeding teen wenners van die ander provinsies om die groot prys as Suid-Afrika se Jongboer van die Jaar.

Die ander finaliste in die kompetisie was mnre. Hannes Toua van die Cerasus-boerdery, Piet Steenkamp van Groenland en Charl de Wet van Waboomskloof.
Bosman, wat saam met sy familie op die plaas Lelienfontein boer, is ook die direkteur van VinPro vir die distrik Paarl.

Hy het in sy toespraak by die oorhandiging gesê dat sy geheim van boerderysukses is om positief te bly en omstandighede in geleenthede te omskep.

Konferensie

Agri Wes-Kaap het ook ’n konferensie vir die jong boere teenwoordig aangebied waar mnr. Jan van Zyl, hoof van landboubemarking en inligting in FNB-handelsbankdienste, Kobus Pienaar, hoof van direkte landbouprogramme in Afrika suid van die Sahara by Massmart en prof. Piet Croucamp, politieke kommentator en senior lektor by die Universiteit van Johannesburg, hulle toegespreek het.

Ál drie sprekers het die belangrikheid van aanpasbaarheid in die landbou en Suid-Afrika as geheel benadruk en die jong boere aangeraai om met tradisies te breek wat hulle in hul besigheid terughou.

25 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights