Bosveld amper ‘tot niet’

 
Bosveld. Foto: www.galleryphoto.net
Bosveld. Foto: www.galleryphoto.net

Die Bosveld – soos die meeste Suid-Afrikaners dit ken – is daarmee heen as die Eskoms, die Exxaro’s en die Sasols met hom klaar is. Só som ’n boer mismoedig die gemeenskap se gevoel op ná ’n vergadering tussen Eskom en lede van die Limpopo-omgewingsaksieforum (LEAF) buite Thabazimbi.

Nóg sowat vier kragsentrales (bykomend tot dié van Matimba en Medupi), honderde kilometer kraglyne, paaie en -verleggings, uitbreiding aan bestaande mynoperasies en nóg nuwe steenkoolmyne, raffinaderye, ontginning van ondergrondse gashulpbronne, sekondêre en tersiêre ontwikkelings wat met dié ontwikkelings verband hou, hoër bevolkings en verdere munisipale groei in Lephalale en die Steenbokpan-gebied is alles in die vooruitsig.

Niemand weet wat die presiese omvang en impak van die gesamentlike ontwikkelings gaan wees nie, want projekte word in afsondering gedoen en nêrens blyk oorhoofse planne beskikbaar te wees nie. Navorsingsinligting oor gepaardgaande lug-, stof- geraas en ander besoedeling is ook nog nie beskikbaar nie. Daar is veral ernstige kommer oor die beskikbaarheid van water.

Intussen het landbouverenigings van die Overberg ook onlangs met Eskom en plaaslike regeringsorganisasies vergader oor die beoogde kernkragsentrale by Bantamsklip. Die bepaling van die alternatiewe kraglyn-roetes vanaf Bantamsklip na die naaste hooflyne is bespreek.

Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 11 Desember 2009.

Desember 2009

5
 
 

Kommentaar

Weiseman 

Eskom en die mynbedryf gaan van die bosveld maak wat hulle met Witbank gemaak het. Steenkool kragstasies is n euwel wat gestop moet word.

Eugene Leonard

Hulle wil die res van Afrika voorsien ongeag van die verwoesting, Ellisras se kragstasie het begin met 20 miljard, nou het hulle oor 120 miljard nodig want en hoekom daar is nie water nie so pype moet nou gele word na Hartbeespoortdam vir water, HALLO IS IEMAND DAAR DIE LIGTE IS AAN MAAR NIEMAND DAAR.

mkruger

Hoekom word die goed daarbo gebou.
Wil Eskom nou vir die hele Afrika krag voorsien ?

Miskien moet hulle die "groenes" by die geveg betrek.

Maar ek wonder of dit sal werk.
Ek gesels verledeweek met 'n boer van daarbo en hy was baie opgewonde oor die "groei" wat gaan plaasvind want sy grond se waarde gaan baie opgaan.....

So miskien moet die boere eers almal besluit of hulle opgewonde is oor die "groei" en of hulle dit wil teenstaan.

Help nie die helfde wil en die ander wil nie....
Veral as jou LU voorsitter deel van die groep is wat opgewonde is oor sy grondwaarde wat gaan styg...

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.