|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 11:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 82% |
| Wind: |
‘n Waardevolle kans vir die bevordering van plaasveiligheid is verlore, sê Agri SA ná ‘n vergadering van die portefeuljekomitee vir Polisie vandeesweek in Kaapstad.
“Ek is baie teleurgesteld ná die spesiale vergadering vir landelike veiligheid wat die portefeuljekomitee vir Polisie gister in die Parlement gehou het. Ek dink ‘n waardevolle geleentheid om die kern-kwessie rondom landelike veiligheid - naamlik die geweld - aan te spreek, is gemis,” sê mnr. Andre Botha, voorsitter van Agri SA se komitee oor landelike veiligheid.
Die portefeuljekomitee het besluit om Dinsdag dié vergadering te hou na Landbou.com se petisie, Stop Plaasmoorde, vroeër aan me. Sindy Chikunga, die voorsitter van die komitee, oorhandig is.
“Ek dink van die komiteelede het met hul aantygings die hand van nasiebou wat Agri SA uitgesteek het, weens politieke retoriek, teruggeklap,” sê Botha.
Vermy veralgemening
Botha sê Agri SA ontken nie dat sommige boere hulle wel aan misdade skuldig maak nie, maar hy is baie ontevrede oor die feit dat dít die veralgemeende beeld van boere is wat die wêreld ingestuur word.
“Ek neem baie sterk aanstoot teen die feit dat dié aantygings gebruik word om alle boere te beskryf. Dit gaan my verstand te bowe dat hierdie vae aantygings gereeld gemaak word, maar niemand kon nog vir my ‘n saak bring wat deur die howe beweeg het en waar ‘n boer op sulke aanklagte skuldig bevind is nie.
“Maar ons gaan nie ophou nie. Van ons kant af gaan ons aanhou soek vir ‘n oplossing, hoewel dit duidelik is dat die politieke oplossing nie maklik gaan kom nie,” sê Botha.
Volgens Botha sal hulle tot staatsamptenare na misdaad tonele op plase saamneem as dít beteken dat die erns van die situasie besef sal word.
Die jongste statistieke oor plaasaanvalle sal in Mei saam met die Polisie se algemene statistieke bekend gemaak word.
21 April 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Het die tyd nie aangebreek dat ons as boere al die nywerhede moet begin aanspoor om geen verdere belastinggeld oor te betaal nie? Waarom moet ons eie geld gebruik word om 'n administasie te ondersteun wat toelaat dat volksmoord onder boere en hulle arbeiders gepleeg word? Ons kry bitter min voordeel uit ons belastinggeld as ons kyk na die toestand van ons paaie, hospitale, skole en noem maar op.
Kan die Landbou Unies nie videos maak van elke plaas moord en op n web geplaas word nie.
Ons moet net kyk wat het met die musipale staking gebeur, die anc lede, almal of 90% van hulle is anc, het soos barbare opgetree.
Geen ordentlike, regdenkende mens vernietig sy eie lewe nie.
WYS DIE WERELD
Ek wonder maar net:
In die man te onnosel om te besef dat hy sagkuns in sy peetjie in gestuur is.
Of
Het hy geen trots meer oor nie ?
Hoekom dreig al wat 'n swart vakbond is om 2010 te ontwrig maar ons(boere) weier volstrek om die geleentheid te gebruik om die boodskap aan die wereld oor te dra van wat hier aan die gang is ?
Ek is seker dat as hy al die boere weer opgeroep om die paaie van PTA met 2010 te blokkeer sal daar meer mense opdaag as die 38 000 boere wat oor is ?
Ek wil met Paul saamstem. 'n Minister van die regering (Chauke) praat nou ruiterlik hierdie strategie van etniese suiwering (plaasmoorde) goed en niemand gaan verder met hierdie regering vorder wat elke dag 'n groter en groter bendementaliteit openbaar nie. Alle belanghebbendes in die land sal die Veiligsraad van die VN moet versoek om die Regering hieroor aan te vat en hulle te dreig. want as dit so aangaan sal die VN se magte die boere binnekort hier moet kom beskerm.
Beste Andre. Ons moet leer by dit wat die ANC in die banneling jare gedoen het. Internasionaliseer die plaasmoorde asb. Julle het n masjien met vaardighede wat dit kan doen. Vestig die aandag op die uitwissing van n mindersgroep deur blootstelling te kry op CNN of Hardtalk van BBC. Ek woon in die buiteland en die buiteland dra nie kennis hievan nie. Huille wil graag weet - so kry die wreedheid hiervan op iReport.CNN. n Video bank moet saamgestel word en ons moet dit op die wereld verhoog kry. So sal jy die regering dwing om aandag te gee en op te tree. ASSEBLIEF, werk met Willie Spies en Kallie Kriel om dit te verwesenlik. Ons in Dubai is besig om n petisie teen haatsprekers op te stel. Ons kom almal huistoe en gaan saam veg vir die reg op erkenning en beskerming van minderheidsgroepe.
soos my pa gese het julle maak julle hande met koue as warm-in argentinie se hulle jy probeer water uit n droee put haal-botha is omgekrap oor gebeure-dalk sagkens gestel,maar gebeure word daagliks erger.omgekrap is relatief-wat my vandag omgekrap het was dat my woonkamer se gloeilamp geblaas het-wat hom omgekrap het was duisende afrikanermoorde--hy moes ten minste die don&%?"%&r in gewees het.in argentinie word byle gebruik om hout te kap en hammers word gebruik om spykers te slaan-en messe om beeste te slag.my oom wat nooit n plaaswerker in sy hele lewe gehad het is in hermanus met n hammer doodgeslaan
ek dink ons het ons hele lewe lank gewoond geraak aan die moorde
Hoekom is dit altyd nodig vir blanke ampsdraers om verdedigend op te tree? Het een van hulle al ooit vir die swart kollegas beskuldig dat dit net swartes is wat roof, moor, verkrag en martel? Het Botha al ooit gehoor van "morele hoeegrond"? Dit is die posisie wat hy met mag en mening moet probeer inneem. Nie ons boere moet skuldig voel nie, nee die ANC en die regering moet skuldig voel.
Mnr Botha, die diskreditering van boere onder hierdie omstandighede dui onteenseglik op 'n strategie en die vrees ontstaan dat u heelwat verder as die Polisie vir hulp sal moet soek.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)