Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Botsende-belange-kwv-aanbod

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Botsende belange by KWV-aanbod?

 
Deur LUCILLE BOTHA
Mnr. Danie de Wet. Foto verskaf
Mnr. Danie de Wet. Foto verskaf

Hoewel wynboere meen die R12 per aandeel wat Pioneer Foods vir KWV aanbied “totaal onaanvaarbaar” is, is daar tog groot KWV-aandeelhouers wat op ‘n regstreekse of onregstreekse wyse ook ‘n belang in Pioneer het en vir wie só ‘n aanbod nie ‘n probleem sal wees nie.

Mnr. Danie de Wet, voormalige voorsitter en groot aandeelhouer van KWV, sê boere-aandeelhouers is “bitter ontevrede” oor die aanbod van sowat R827 miljoen. ‘n Kwart daarvan sal met Pioneer-aandele betaal word en die res in kontant.

‘n Debat heers tans oor die bepaling van dié aankoopprys en markontelders, soos mnr. Wilhelm Hertzog van Regarding Capital Management, meen Pioneer onderwaardeer die KWV-aandele en dat dit minstens sowat R18,60 werd is.

Maar, sê De Wet, die grense tussen eienaarskap van die twee maatskappye is vaag en baie van die direkteure en aandeelhouers besit aandele in beide maatskappye.

‘Gatsak-broeksak-transaksie’
“Zeder, wat wil verkoop, is in die hande van PSG. PSG is die grootste enkele aandeelhouer in Zeder en het die volle direksie aangestel. Aan die ander kant het PSG ook ‘n beherende aandeel in Kaap Agri, wat weer ‘n beherende aandeel in Pioneer Foods het. PSG het ook op sy eie direkte aandele in Pioneer Foods. Hierdie is dus ‘n gatsak-broeksak-transaksie,” verduidelik De Wet.

“Sou die transaksie voortgaan, word KWV uit Zeder geskuif na Pioneer, maar dit is steeds onder PSG-beheer.” ‘n Zeder-aandeelhouer sal dus die aanbod van R12 as goeie waarde beskou, want sy aandele word net na ‘n ander entiteit geskuif.

“Thys du Toit (voorsitter van KWV) is ook ‘n direkteur van PSG en het Pioneer-aandele. Daar is dus konflik van belange. Voorts is die KWV-direksie ook gelaai met mense van PSG, soos Jannie Mouton en Antonie Jacobs. As jy gaan kyk wie op die direksie van twaalf persone nie konflikterende belange het nie, is dit maar baie min,” sê De Wet.

Trotse maatskappy
“Die hele ding is taamlik negatief. Die KWV is amper 100 jaar oud, dit is ‘n trotse maatskappy. Dit is vir my ‘n groot bron van kommer dat die werknemers nou gedemotiveer is. Hulle oog is nie op die bal nie, want daar heers onsekerheid.”

Hy is ook bekommerd oor die werknemers, individue en groeperings wat deel uitmaak van die swart ekonomiese bemagtigings-inisiatief wat in 2004 onder De Wet se voorsitterskap op die been gebring is. Hulle besit ook 25%-aandele in die KWV.

“Hulle sal ook moet wegstap met R12 per aandeel, en ek dink dit is onbillik teenoor hulle. Ek kan nie sien dat hulle die transaksie gaan steun nie.”

De Wet het ‘n beroep op boere gedoen om sodra die kans hom voordoen of self te stem of iemand aanstel om namens hom/haar te stem vir die aanbod. “25% plus een is genoeg om dié transaksie te stop.”

8 Desember 2010

0
 
 
  • 1235 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Mia Ferreira 
09 Des 2010 15:56

Dalk weet Mr.De Wet waarvan hy praat en kan die direksie bietjie by hom leer Mr. Jan Dippenaar.

  • antwoord
KWV Werknemer 
09 Des 2010 08:17

Danie de Wet se kommentaar: "Dit is vir my ‘n groot bron van kommer dat die werknemers nou gedemotiveer is. Hulle oog is nie op die bal nie, want daar heers onsekerheid” is absurd, komende van hom. In die tyd toe hy voorsitter was van die KWV Direksie, was hy verantwoordelik vir die afleggings van ten minste (onder korreksie) 300 mense. Om die waarheid te sê, is dat hy het die personeel so gewoond gemaak aan afleggings, dat die wat oor is, nie hulle oog van die bal afhaal nie, maar nog steeds trots is om vir die KWV te werk.

  • antwoord
Jan Dippenaar 
08 Des 2010 15:11

Miskien suur druiwe omdat die einste mense wat hy so kritiseer, hom vanaf die direksie van KWV verwyder het?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Sneeu in Golden Gate.
  • Spogtuin toe
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction