Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Brande-kasty-wes-kaap

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 11:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:82%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Brande kasty Wes-Kaap

 
Deur LUCILLE BOTHA
Veldbrand. Foto: THEUNS BOTHA
Veldbrand. Foto: THEUNS BOTHA

Derduisende hektare fynbos, vrugteboorde, wingerde en besproeiingstelsels is in puin gelê in ’n aantal brande wat groot dele van die Wes-Kaap sedert Desember in ligte laaie laat opgaan het. ’n Man van die Overberg is ook dood nadat vlamme hom oorval het toe hy gehelp het om ’n brand te blus.

Mnr. John Europa, ’n plaaswerker, het omgekom nadat hy erge brandwonde opgedoen het toe hy met ’n trekker gehelp het om ’n brand naby Elim in die Overberg te bestry. Volgens mnr. Reinard Geldenhuys, die streek se rampbestuurshoof, is Europa deur die vlamme vasgekeer nadat die wind gedraai het.

Volgens mnr. Danie Wilds, brandweerhoof by die distriksmunisipaliteit Kaapse Wynland, het hulle sedert Desember 350 brande gehad. Die grootste daarvan was ’n brand wat in die Overberg ontstaan het en oor duisende hektare tot by McGregor versprei het.

Blombedryf geknou
Die brand het ongeveer vyf dae lank gewoed. Die Overbergse blombedryf is ’n kwaai knou toegedien nadat sowat 40 000 ha in die Pearly Beach-omgewing deur ’n vlammehel vernietig is.

Sowat ’n derde van die Kaap Agulhaspark is verwoes. Minstens vyf reuse-brande het in die  gebied ontstaan. Volgens Geldenhuys ervaar hulle ’n brandstigtingsprobleem in die Botrivier-gebied. Hoewel die ander brande ook nie natuurlik ontstaan het nie, sê hy dit was nie doelbewus gestig  nie.

Intussen is ‘n brand in die Stilbaai-omgewing wat sedert verlede week onder beheer gebring, luidens ‘n berig van IOL. ‘n Gebied van sowat 50 vierkante kilometer is in dié brand verwoes.

19 Januarie 2010

2
 
 
  • 1688 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Honde
  • Biltongjagters bestee meer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction