Deur ALANI JANEKE
15 Januarie 2010

2133 keer gelees | 1 kommentaar

Brandstofpryse kan weer styg, met ‘n moontlike verhoging van 15 sent per liter vir diesel en 20 sent per liter vir petrol, sê mnr. Tony Twine.


Ekonome voorspel dat brandstofpryse volgende maand weer sal styg. Mnr. Tony Twine, senior ekonoom van die onderneming Econometrix, voorspel dat diesel in Februarie 15 sent per liter duurder kan wees. Hy meen dit is die uitwerking van die huidige tendense van die rand-dollar wisselkoers en die internasionale olieprys. Hy verwag dat die petrolprys ook met sowat 20 sent per liter sal styg.

Hy sê die rand-dollar wisselkoers en die olieprys het die afgelope twee weke hul onderskeidelike stygings uitgekanselleer. Derhalwe verwag hy nie drastiese prysstygings nie. Twine sê die olieprys het die afgelope twee weke tussen $77 en $80 per vat beweeg, met die hoogste vlak van $81 per vat wat verlede week bereik is. Daarteenoor het die rand-dollar wisselkoers die afgelope twee weke tussen R7,29 en R7,54 per dollar beweeg.

Europese winter verras
Volgens Twine is die uitwerking van die bitter koue winter in Europa en Brittanje op die verbruik van olieprodukte verrassend laag. Hy sê daar is verwag dat die verbruik van produkte soos diesel, paraffien en verhittingsolie sou toeneem, maar die prysaanpassings toon dat verbruik dieselfde gebly het.

Die verbruik van petrol het wel toegeneem, wat volgens Twine onverwags is aangesien daar aangeneem is dat verbruikers in dié lande minder van hulle voertuie gebruik sou maak. “Ek kan dit egter nie verduidelik nie, die rede vir die tendens is nog onbekend”.

Die volgende ses maande
Twine voorspel dat brandstofpryse in die volgende twee maande op dieselfde vlakke as wat tans die geval is sal beweeg. Vir die drie maande tussen April en Junie vanjaar voorspel hy effense dalings in brandstofpryse, hoewel hy meen die dalings ook nie drasties sal wees nie.

“Die Europese winter sal na verwagting nie voor April vanjaar verbeter nie, so net politiese geweld in die Midde-Ooste sal oliepryse hoër as wat ons reeds gesien het, laat styg”.

Brandstofpryse vir Februarie word oor twee weke aangekondig.

15 Januarie 2010


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Fuelenergizer

2012/01/03 09:34:00 AM

Wat gaan in 2012 gebeur met brandstofpryse?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights