Die Mededingingstribunaal het Pioneer Foods met R195 miljoen beboet vir sy betrokkenheid by ‘n broodkartel.
Dit is die hoogste boete wat die tribunaal in die saak kon oplê en is bykans R100 miljoen meer as die boete wat Tiger moes opdok. Die boete kom neer op 10% van Sasko (Pioneer se bak-afdeling) se nasionale omset van 2006.
Kartelbedrywighede word deur die tribunaal as die mees blatante oortreding van die Wet op Mededinging (Wet 98 van 1998) geag en daarom is die hoogste moontlike boete opgelê.
Pioneer het weer versoek dat die boete slegs op sy Wes-Kaapse bedrywighede van toepassing sou wees. Beide versoeke is geïgnoreer.
Mnr. André Hanekom, uitvoerende hoof van Pioneer, sê vóór enige besluit geneem word, gaan hul eers die tribunaal se uitspraak bestudeer.
Die Mededingingingstribunaal het bevind Pioneer se hele verdediging is op valshede gesknoei. Die tribunaal het bevind dat mnr. Charl Goosen, hoof van Sasko se bakbedryf, nie net vir die tribunaal gejok het nie, maar erken het dat hy meineed gepleeg het.
Die broodbakker is verder oor die kole gehaal omdat hy geen poging aangewend het het om die saak self te ondersoek, onmededingende gedrag uit te roei of dissiplinêre aksie teen die betrokke werknemers te neem nie.
Só ‘n ondersoek is later wel van stapel gestuur, maar dit is nie openbaar gemaak nie. Pioneer het dit privaat gehou vanweë die regsaksie.
Lees ook:
Broodkartel: Die storie agter die skandaal
‘n Volledige berig verskyn in 12 Februarie se Landbouweekblad.
3 Februarie 2010
Kommentaar
Ai as julle maar net weet mense. Moenie glo wat julle hoor of lees nie.
Swak Korrup Ek wonder of die bedryf nie weer voor moet begin!FIRE ALMAL!Dit maak dat brood n bitter smaak in n mens se mond los!
Baie interessante (en goeie) verwikkeling in my opinie. Dit bewys onomwonde waar die probleem mbt voedsel pryse le (argumenteerbaar oor die algemeen). Iets wat boere lankal al vermoed en probeer lug het.
Verbruikers betaal deur hul neuse vir brood, waar gaan die boetegeld heen? Moet dit nie terugkom na ons nie, en moet Mnr, Charl Goosen nie ook beboet of tronk toe gestuur word nie? Hy word 'n lekker groot salaris betaal, en hardloop weg wanneer die kuikens uitbroei.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)