|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die bakbedryf in Suid-Afrika gaan tot dusver meer as R144 miljoen vir prysknoeiery moet opdok. Dit volg ná Tiger Brands in November 2007 met R98,9 miljoen beboet is en die onderneming Foodcorp verlede week 'n boete van meer as R45 miljoen opgelê is vir sy aandeel in die samespanning ten opsigte van die broodprys.
Dié "onaanvaarbare verlies aan welvaart" is die regstreekse oorsaak van praktyke wat mededinging beperk, sê dr. Kobus Laubscher, hoofbestuurder van Graan SA. Hy het gereageer ná Foodcorp en die Mededingingskommissie buite die hof geskik het.
Die partye het tot 'n vergelyk gekom dat Foodcorp 'n boete van R45 406 359,82 opgelê moet word vir Sunbake (wat aan Foodcorp behoort) se betrokkenheid met die samespanning ten opsigte van die broodprys. Dit hou onmeetbare finansiële skade vir die hele waardeketting in, sê Laubscher.
Duurder brood (as gevolg van prysknoeiery) kon byvoorbeeld beteken het dat mense minder koop, wat lei tot 'n kleiner vraag. Laubscher wou nie kommentaar lewer op die regverdigheid van die boete nie, maar is bekommerd oor die geld wat daarvoor gebruik gaan word.
Lees die volledige artikel in Landbouweekblad se uitgawe van 16 Januarie 2009.
12 Januarie 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24