|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Buitelanders besit sowat 2% van die land se landbougrond, sê mnr. Tozi Gwanya, direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming.
Die Regering het sover net ‘n moratorium op die verkoop van staatsgrond aan buitelanders, maar grond in privaat besit kan deur enigiemand bekom word. Gwanya het aan landbou.com gesê dat sy departement nou druk om wetgewing oor die beskerming van die land se grond deurgevoer te kry.
Lees ook:
Huur, maar nie koop
“Ons wil hê dat grond nie aan buitelanders verkoop kan word nie, maar dat hulle slegs langtermyn-huurkontrakte kan aangaan.”
Hoewel die Regering meen dat die beginsel van gewillige koper en verkoper nie werkbaar is nie, het hy nog nie ‘n ander model vir die aanskaffing van grond nie.
Buitelanders koop vinniger grond as Regering
Intussen het mnr. Keketso Sachane, woordvoerder van die Departement van Openbare Werke, gesê die Wetsontwerp op Onteiening sal eers in die tweede helfte van die jaar voor die Kabinet dien en sal dan eers volgende jaar na die Parlement gebring word.
Mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, sê buitelanders koop “drie keer soveel grond” as die Regering vir sy grondhervormingsprogramme. ‘n Hersiening van die hervorming van die grondbesitstelsel sal gedoen word om ‘n meer doeltreffende stelsel te ontwikkel.
Gebruik dit of verloor dit
Nkwinti sê 5,9 miljoen ha produktiewe landbougrond is aan begunstigdes van grondhervorming oorgedra. Die Staat verloor inkomste as die plase onproduktief is, het hy benadruk.
Hy het weer uitgewys dat die beginsel van gebruik dit of verloor dit steeds geld vir diegene wat grond as deel van grondhervorming gekry het en dit nie optimaal gebruik nie.
2 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Het 23 HA grond wat ek wil verkoop. Boer tans intensief met varke en hoenders asook 60 skape. Prys R 2 Mil. Grond 40 km vanaf Port Elizabeth. Sell: 0738690358
My grond is 2 jaar al in die besit van die grondhervorming. Ek het dit gehuur, maar daar is nou 'n ondersoek na die bestuur wat die huurgeld ontvang. Twee spalk tussen die stamkaptein en CPA veroorsaak dat ons as boere nou die onderspit delf. Huur word met tot 100% verhoog en hul wil hê ons moet trek. Buurgrond het totaal verval en die opstalle lyk soos reunis. Daar word nie geboer en die naburige stad het die grond totaal oorbewei. As ek hier trek is die plaas se voorland, verwoesting.
Ai Tig, die beheptheid met staat en grond en wie dit mag besit-hulle moet liewer daaarop fokus om betsaande grondhervorming plase te maak werk en die miljoene hekatre onproduktiewe grond in stamgebiede se gebruiksreg en stamhoof beheer-omskakel na produktiewe grond.hoekom aleweig inmeng waar dinge werk??maak liewer ANC se broubeleid werk
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)