Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Buitelandse-werkers-nie-minder-betaal

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

‘Buitelandse werkers nie minder betaal’

 
Deur JOYLENE VAN WYK en LIEZL VERCUEIL

Buitelandse werkers word nie minder betaal as plaaslike werkers nie, sê Agri Wes-Kaap. Dít kom nadat sowat 3 000 plaaswerkers, meestal van Zimbabwe, deur plaaslike werkers in die Stofland-informele dendersetting by De Doorns in die Wes-Kaap in xenofobiese aanvalle ontwortel is. Die aanvalle het Saterdag begin en het tot Dinsdag geduur.

Plaaslike werkers en mnr. Charles Ntsomi, burgemeester, meen buitelanders steel hul werksgeleenthede en beweer dat Zimbabwiërs bereid is om vir minder geld te werk en daarom makliker werk kry as plaaslike seisoenale eweknieë op plase. De Doorns is in die Hexriviervallei geleë en tafeldruiwe vir uitvoer word hoofsaaklik op 170 plase hier verbou, luidens ‘n berig van The Weekend Post.

Dieselfde vergoeding
Agri Wes-Kaap sê boere in dié omgewing maak veral gedurende seisoentyd gebruik van seisoenale werkers en weens ‘n tekort aan plaaslike arbeid word produsente genoop om buitelanders met geldelike werkspermitte aan te stel. Dr. Corné Mulder, die Vryheidsfront Plus se woordvoerder oor binnelandse sake, meen weer daar is skaars genoeg werk vir plaaslike seisoenale werkers in die gebied, en wonder waarom buitelanders die werk van plaaslike arbeiders kry.

Agri Wes-Kaap sê alle werkers in die gebied word op dieselfde vergoedingskaal betaal en daar word geen onderskeid getref na aanleiding van werkers se afkoms nie. “Geen werker word minder as die minimumloon betaal nie en in die meeste gevalle word werkers beter as die minimumloon vergoed. Dié feite kan maklik gekontroleer word want werkgewers word deur wetgewing verplig om loonstate by te hou, wat geoudit kan word.”

“Regering verantwoordelik”
Mulder meen ook die Regering is verantwoordelik vir die situasie. “Die afgelope 15 jaar het die ANC-regering Suid-Afrika se grense swak gepatrolleer, toegang tot die land makliker gemaak met spesiale visums en nie toegesien dat die aantal asielsoekers in Suid-Afrika behoorlik gemonitor word nie.”

Die kabinet het in dié verband aangekondig dat die landsgrense weer deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag bewaak sal word. Dit kom na die besef dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie die vermoë het om dié funksie doeltreffend te verrig nie weens personeeltekorte.

Die Zimbabwiese werkers is na De Doorns se sportgronde verskuif waar hulle tydelike verblyf, mediese bystand van Dokters Sonder Grense en komberse en kos van die Rooi Kruis ontvang. Die doel is om hulle mettertyd weer in hul gemeenskap te integreer. Luidens ‘n berig van Eyewitness News is dit nie duidelik wanneer dít sal gebeur nie.

Bron:
Eyewitness News
The Weekend Post

19 November 2009

0
 
 
  • 1984 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Johann Viljoen
23 Nov 2009 13:38

Ek kry alle mense wat swaarkry baie jammer, en glo wat ons het is net genade. Uit hierdie standpunt wil ek egter net noem van iemand wat aan my vertel het van 'n boer naby Touwsrivier wat baie buitelanders op sy plaas gebruik, aangesien die plaaslike mense nie belangstel om te werk nie as gevolg van al die toelaes wat hulle ontvang en ook die geweldige groot probleem met drank en dwelm misbruik. Ek wil daarom saam met ander skrywers stem, dat die regering hierdie situasie veroorsaak het, want mense het gewoond geraak aan die idee dat hulle kan oorleef van toelaes en skenkings en gratis krag en water en huise. Ek hoop Min Pieter Mulder sal kan help om die regering in die regte rigting te lei.

  • antwoord
Butch
20 Nov 2009 10:59

DH is reg hierbo dat sosiale toelaes ons mense tot onproduktiewe werkers verlaag wat eerder kinders teel om hul inkomste te vergroot, as om te werk. All Pay ( ek weet nie wat dit beteken nie)het die modewoord onder werkers geword en dis een van die heel groot oorsake van sosiale verval - ook op ons plase. Die Regering weet dit al te goed en verkies om daarmee voort te om stemme te werf. Ek noem die regering bu naam ,want dis sy kantore waarheen ons werkers hardloop in geval van enige dispuut rondom vegoeding, al betaal ons meer as wat die wet voorskryf. As die Ekonomie nie in elk drasties en vinnig verbeter is die skrif ook in elk geval aan die muur vir hierdie sosiale vergoedingstelsel. As gevolg van die konstante massiewe maandelikse uitgawe daaraan verbonde, begin die krake reeds wys. Ongelukkig neem die Staat se inkomste ook saam met die res van die ekonomie af.

  • antwoord
mkruger
19 Nov 2009 11:43

Probleem hier is:

Die werkers van Zimbabwe het al besef dat daar nie huise,yskaste ens uit die hemel uit val nie.

As jy iets wil he moet jy self daarvoor werk.

En as daar minder werksgeleenthere is as werkers dan kry jy minder geld want daar is altyd iemand wat vir minder sal werk om sy familie aan die lewe te hou.

Ek dink hulle noem dit iets soos die vryemark stelsel......

Dis al wat werk. Die ander lande wat "iets anders" probeer het, is almal stelselmatig besig om terug te gaan na die stelsel.

Wonder hoekom ?

  • antwoord
DH 
19 Nov 2009 09:11

Ek is nie in De Doorns nie, maar in 'n ander wingerdstreek. Die probleem is nie betaling nie, maar die wil om te werk. As jy jou werkers R80 per dag betaal, maar die SA werker doen 2 rye per dag en die Zim werker 4 per dag, dan werk die Zim werker vir goedkoper. Ons plaaslike werkers is tot lustelose, lui en arrogante werkers verhef deur die betaling van alle soorte toelae. Hulle hoef nie te werk nie, want die staat betaal hulle om niks te doen nie. Dit gaan al erger word, tensy iets drasties gedoen word.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Land Bank kry nuwe direksie
  • Vrotpootjie by skape
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction