Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Cartagena-protokol-veral-op-graanhandel-n-invloed

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Cartagena-protokol veral op graanhandel 'n invloed

 
NICO VAN BURICK

Die Cartagena-protokol oor bioveiligheid, wat deur Suid-Afrika onderskryf word, gaan 'n groot invloed op graanhandel, die saadbedryf en landbounavorsing hê.


Die implikasies van dié protokol, wat die beweging van lewende gemodifiseerde organismes oor internasionale grense heen reguleer, is onlangs by 'n werksessie van AfricaBio, 'n vereniging van belanghebbers in biotegnologie, bespreek.


Dr. Willy de Greef, 'n internasionale kenner, het gesê graanhandel word veral geraak. "Die protokol skep 'n hele nuwe handelsomgewing wat vragte dokumentasie en klarings vir die verskeping van geneties gemodifiseerde (GM) mielies en ander GM bedryfsitems vereis."


Hy sê die grootste ontwrigting word veroorsaak omdat dié protokol die verantwoordelikheid van die dokumentasie op handelaars plaas, terwyl die verantwoordelikheid vir permitte steeds op die ontwikkelaars van die tegnologie rus. Stelsels om aan die protokol te kan voldoen, sal nie binne drie jaar gereed wees nie.


Dr. De Greef sê die saadbedryf sukkel om by die nuwe regulasies aan te pas. 'n Groot leemte is dat die protokol nie onderskeid tref tussen eksperimentele- en kommersiële saad nie. Aangepaste prosedures vir eksperimentele werk is voorheen ontwikkel en jare lank suksesvol toegepas.


In Suider-Afrika is die groot gaping in biotegnologie-regulasies tussen Suid-Afrika en sy vennote binne die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap 'n groot probleem. Die protokol neem nie tradisionele handelsroetes binne die streek in ag nie.


"Die sektor wat die meeste beïnvloed word, is die openbare landbounavorsingsgemeenskap. Die protokol is onderhandel met tegnologie-ontwikkeling deur groot multi-nasionale maatskappye in gedagte. In werklikheid geskied meer as die helfte van biotegnologiese navorsing in openbare navorsingsinstellings.


"Vir hierdie instellings is dit moeilik, en selfs onmoontlik, om 'n pad deur die regulatoriese beperkings te vind sodat die resultate van hulle werk benut kan word." Hy sê die regulatoriese klaring van 'n GM gewas wat internasionaal verkoop word, kos van R28 miljoen tot R56 miljoen en daar is geen aanduiding wie by openbare navorsingsprojekte daarvoor gaan betaal nie.


Prof. Jocelyn Webster, uitvoerende direkteur van AfricaBio, het gesê AfricaBio sal as koördineerder optree om staatsdepartemente, tersiëre instellings, die biotegnologiebedryf en navorsingsinstansies te help om die implikasies van die protokol te hanteer.


"Om aan die vereistes te voldoen, is tydrowend, ingewikkeld en duur en kan die ontwikkeling van GM gewasse belemmer tensy diegene betrokke by die bedryf kragte saamsnoer om sake te vergemaklik, bronne te deel en só geld te bespaar," het sy gesê.

14 November 2003

0
 
 
  • 1348 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • WHO kry wind van voor oor geskille
  • 'Spreek grondbelasting nóú aan'
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction