Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Clover-opgewonde-oor-aardklop

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Clover opgewonde oor Aardklop

 
Deur ALANI JANEKE
Gasvryheidslokaal by Aardklop. Foto: ALANI JANEKE
Gasvryheidslokaal by Aardklop. Foto: ALANI JANEKE

Groot opgewondenheid hhers oor Clover se borgskap vir die Aardklop Kunstefees, sê die maatskappy.

Mnr. Chris Lerm, bemarkingsbestuurder, sê die besluit om die kunstefees se naamborg te word, was ‘n bemarkingsbesluit gegrond op die maatskappy se handelsmerkuitbreiding onder dié verbruikers waarop hulle spesifiek wil fokus.

“Ons besluit is gegrond op kommersiële waarde. Ek dink nie daar is al ooit soveel mense tegelykertyd aan ons suiwelprodukte maar ook aan ons ander produkte, soos ons minerale water en ys-tees, blootgestel nie. Hierdie brogskap is vir ons ‘n belegging, ‘n mens gee deesdae nie net meer geld weg nie,” vertel Lerm.

Die maatskappy het vroeër die jaar aangekondig dat ‘n borgskap van R30 miljoen oor die volgende vyf jaar aan die Aardklop Kunstefees goedgekeur is. Die fees heet in 2011 dus die Clover Soveel Beter Aardklop Kunstefees.

Die R30 miljoen – niks ekstra
Wat kritiek rondom dié borgskap betref, sê Lerm dit het die maatskappy nie enige ekstra geld uit die sak gejaag nie. “Ons het besluit om die begroting wat ons in vorige jare vir handelsmerk-advertering in twee tv-sepies bestee het, saam te kanaliseer vir dié borgskap.”

“Hierdie R30 miljoen oor vyf jaar werk op die ou end uit op 0,2c per liter melk wat ons van boere invat,” verduidelik Lerm. Hy sê saam met dié borgskap het die maatskappy ook aangekondig dat hy melkkwota aan boere vir die boekjaar van 1 Julie 2011 tot 30 Junie 2012 met 50 miljoen liter verhoog is.

Uitbreiding na kuns en kultuur
Lerm sê kuns en kultuur is vir die maatskappy ‘n belangrike aspek, omdat dit vroeg reeds inslag lewer in enige persoon se lewe. Hy sê hulle wil graag sien dat die land se kunste bevorder word.

Die vennootskap is ook van plan om die Clover Aardklop-vaandel na die res van die land se plattelandse gemeenskappe uit te brei. “Ons wil hierdie konsep en die kunste aan mense in Mafikeng of Vryburg of ander kleiner dorpe bekend stel.”

8 September 2011

0
 
 
  • 641 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Nuwe hoop vir Zim-boere
  • Verwerk of gaan onder
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction