|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Clover het aan Suid-Afrikaanse melkboere ‘n vroeë Kersgeskenk gegee met die nuus dat produsente vanaf 1 Januarie aanstaande jaar 19,5 sent meer per liter melk sal ontvang.
Volgens ‘n verklaring van Clover sal dié styging opgevolg word met ‘n verdere styging van 22 sent per liter vanaf 1 Februarie 2012. Dié styging sal dieselfde wees landswyd.
Daar is besluit op dié aanpassings, wat stygings van 6,5% en 6,9% onderskeidelik verteenwoordig, weens stygende insetkoste wat talle melkboere al gedwing het om die bedryf te verlaat.
Volgens Clover het die ooraanbod van melk gedurende die herfs en vroeë winter verhoed dat prysstygings vroeër geïmplimenteer kon word.
“Hoewel dit jammer is dat die verbruiker nóg prysstygings moet absorber, sal ons voortgaan om die situasie te monitor om te verseker dat ons ‘n billike prys aan produsente betaal. Die duur insetkoste en die melkaanbod kan dalk verdere stygings in die kort termyn veroorsaak.”
5 November 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Clover nou weer die held in die verhaal? Allesbehalwe! Die verhogings is reeds ses maande laat. Die melboer moet vir die volgende drie maande reeds die verhoogde diesel- en voerpryse dra. So vir die volS CLOVER NOU WEER DIE HELD IN DIE VERHAAL ? ALLES BEHALWE. DIE VERHOGINGS IS REEDS 6MAANDE LAAT. DIE Mgende paar maande tot die melkboer die verhogings in sy sak het moet hy steeds op verliese werk. Maart 2012 tree die verhoogde krag in werking. Clover sien daar is nie melk nie en die rand verwak. Hulle kan nie invoer nie so nou word die wortel weer voor die boere se neus gehou sodat daar nie so baie melkkoeie geslag word nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)