Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Da-verklaar-hoedspruit-rampgebied

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

DA: Verklaar Hoedspruit rampgebied

 
Deur ALANI JANEKE

Hoedspruit en die omliggende gebiede moet as rampgebiede verklaar word nadat swaar reën en oorstromings verwoesting gesaai het, aldus die Demokratiese Alliansie.

Luidens ’n verklaring het me. Desiree van der Walt, verteenwoordiger vir die party, ’n skrywe in dié verband aan me. Dipuo Letsatsi-Duba, LUR vir Landbou in Limpopo, gerig.

Van der Walt sê ’n groot klomp mense is weens die oorstromings dakloos gelaat en verskeie boere se bedrywighede is ernstig deur die oorstromings beïnvloed. “Dié situasie bedreig voedselsekerheid en mense wat in die omgewing afhanklik is van werk in die boerderysektor.”

Volgens Van der Walt moet Letsatsi-Duba vinnig optree in ’n poging om die invloed van die gebeure op die boeregemeenskap te minimaliseer.

Voorbereidings
Van der Walt sê hoewel die natuur onvoorspelbaar is, moet die provinsiale regering, insluitend die Departement van Landbou, voorbereid wees op enige gebeurlikheid.

Die provinsie is die afgelope tyd blootgestel aan erge weerstoestande met ryp wat onlangs skade aangerig het.

Intussen sê mnr. Dries Enslin, voorsitter van Agri Letaba, hy meen die Suid-Afrikaanse Weerdiens kon beter waarskuwings gerig het oor die sikloniese weerstoestande wat oor Mosambiek ontwikkel het.

“Daar was nie tydige waarskuwings teen dié swaar reën nie. Die weerberigte wat ons gekry het, het gemaan ná reënval van sowat 50 mm in ’n kort tyd.”

Enslin sê die reën het vinnig en hard geval. “Ses ure na die eerste harde druppels het die riviere afgekom.”

Waarskuwings

Mnr. Jan Vermeulen, senior en operasionele weervoorspeller, sê hulle het reeds sowat ses dae voor dié storms geweet van dié swaar reëns, en vyf dae voor die tyd is die eerste vermanings daaroor uitgestuur.

“Op dag vier is dit verander na ’n vermaning, want die weerpatroon het nader begin lyk, en twee dae voor die tyd het ons ’n ernstige waarskuwing gerig.”

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloog van Santam Landbou, sê hy was nie bewus van enige tydige waarskuwings nie, maar die storm het nie die gewone patroon gevolg nie.

Vermeulen sê hulle verwag Vrydag steeds enkele donderbuie in die Laeveld van Mpumalanga en in die noordooste van Limpopo, maar geen swaar reën word verwag nie.

19 Januarie 2012

0
 
 
  • 1119 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
24 Jan 2012 13:48

Daar is sprake dat jy kan aansoek doen vir hulp aangesien dit as rampgebied verklaar is? Kontakno ens in die verband?

  • antwoord
Onbekende besoeker 
23 Jan 2012 14:57

Ai Nic

  • antwoord
corlivdm
23 Jan 2012 10:36

@Nic. Die opskrif verwys na die feit dat die DA versoek het dat Hoedspruit as `n rampgebied verklaar word.
Groete,
Corli van der Merwe

  • antwoord
Nic Jansen Van Rensburg 
23 Jan 2012 10:30

U opskrif is misleidend. Die DA kan nie Hoedspruit tot 'n rampgebied verklaar nie. Sover ek bewus is berus dit by die nasionale regering en nie die DA.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Suid-Amerika lei met voedselsekerheid
  • Ford Ranger is 'n bielie
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction