Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Da-vra-nuwe-grondhervormingsbeleid

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

DA vra nuwe grondhervormingsbeleid

 

Om Suid-Afrika se grondhervormingsproses suksesvol te maak is ’n totale nuwe strategie nodig, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

Luidens ’n verklaring het die party Maandag (12 Desember) sy kommentaar oor die wetsontwerp ingehandig.

Die party meen dat die groenskrif oor grondhervorming, soos dit tans daar uitsien, nie die Regering se mikpunte sal bereik nie en dat bitter min daarvan te redde is.

“Die waarheid is dat mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, moet terugkeer na die tekenbord as hy meer suksesvol as sy voorgangers wil wees.”

Die party se kommentaar bevraagteken ook die grondwetlikheid van die grondbestuurskomitee en die grondwaardeerder-generaal wat in die groenskrif voorgestel word.

“Ons vra ook of die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming steeds nodig is, aangesien die groenskrif so baie van die departement se funksies aan verskeie komitees en nuwe strukture toewys.”

Belangrike vrae

Volgens die party laat die groenskrif baie belangrike vrae onbeantwoord.

Dié vrae sluit in:

Wat is die Regering se strategie vir die herstrukturering van kommunale grondregte?
Wat sal die departement doen om te verseker begunstigdes ontvang doeltreffende ondersteuning?
Wat sal die rol van staats- en openbare grond in ’n geïntegreerde grondhervormingsmodel wees en wanneer sal die staat se grond-oudit voltooi wees?
Hoekom is die staat ’n voorstander van die regulering van grondeienaarskap deur buitelanders?
Hoe sal die voorgestelde beperking op private grond-eienaarskap daar uitsien?
Wat is die spesifieke voorstelle ten opsigte van die beginsel van gewillige koper/gewillige verkoper?
Wat gaan gedoen word om die prestasie en vermoë van die departement te verbeter?
Hoe gaan die staat reageer op die groeiende vraag na residensiële grond deur ’n samelewing wat ál meer verstedelik?

Werkgroepe
Die party versoek in sy kommentaar die departement om kundiges, die burgerlike samelewing en alle relevante belanghebbendes in te sluit in ’n proses om ’n behoorlike strategie vir Suid-Afrika se grondhervormingsproses saam te stel.

Die DA meen dat die ses werkgroepe wat tans na die situasie kyk nie die uitdaging behoorlik kan aanpak nie, aangesien hulle binne die grense van die reeds bestaande dokument moet werk, terwyl ’n nuwe strategie juis nodig is.

“Hierdie is ’n gulde geleentheid om eens en vir altyd ons grondhervormingstrategie reg te kry. Die Regering moet afsien van sy dogmatiek en fokus op innoverende, volhoubare en praktiese oplossings om diegene by te staan wat vroeër toegang tot grond geweier is,” lui die verklaring.

12 Desember 2011

4
 
 
  • 749 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Talle ontstoke na wrede moord op boer
  • Bloemhof vang vis op gholfbaan
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction