|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die moontlikheid bestaan dat daar spesiale elektrisiteitstariewe vir kommersiële boere ingestel sal word om te verseker dat dié bedryf steeds optimaal voedsel kan produseer.
‘n Interministriële taakspan is op die been gebring om te kyk na die Regering se befondsingsmodel vir Eskom en ander kwessies rakende elketrisiteitsvoorsiening in die land.
Me. Dipuo Peters, Minister vir Energie, het gesê Pres. Jacob Zuma het ‘n duidelike mandaat gegee aan die ministers verantwoordelik vir die ekonomiese- en energiesektor om met ‘n plan vorendag te kom wat volhoubaar is.
Dié werkgroepe het reeds met hul werk begin en gaan hul verskeie modelle en voorstelle aan die span voorlê wat deur die Departement van Energie en die Departement vir Openbare Ondernemings gelei word.
Peters het bygevoeg dat insette van groot energieverbruikers, wat die landbousektor insluit, oorweeg sal word.
Indien daar voorstelle oor ‘n subsidie na vore kom, sal dit aan die Kabinet voorgelê word en ‘n besluit sal dan afhang van die beskikbare bronne hiervoor, het sy gesê.
25 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)