Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / De-doorns-kwessie-walglik

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

De Doorns-kwessie ‘walglik’

 

“Die situasie in De Doorns is onsmaaklik en walglik”, het Agri Wes-Kaap se hoof-uitvoerende beampte, mnr. Carl Opperman, gesê.

Produsente in die area word geblameer dat hulle onwettige immigrante in diens neem, werkers minder as die minumumloon betaal en werkers in diens neem sonder wettige kontrakte, maar geen bewyse vir hierdie aantygings kom vorendag nie.

“Agri Wes-Kaap wil dit baie duidelik maak dat produsente volgens wet toegelaat word om werkers in diens te neem binne die land se wetgewing en die vryemarkstelsel wat ons in Suid-Afrika het. Agri Wes-Kaap produsente is ook verbind tot ‘n streng gedragskode en ons het geen afwyking van wetgewing of die gedragskode by enige Agri Wes-Kaap-lid in die Hexvallei gevind nie.

“Die huidige situasie het waarskynlik ontstaan uit beweringe van ‘n geveg tussen plaaslike inwoners en buitelanders en het ontaard in ‘n xenofobiese aanval op buitelandse immigrante wat verder aangevuur is deur aanstigters met beweerde politieke ondersteuning. Die aanvalle op onskuldige mense en die vernietiging van hulle persoonlike besittings en eiendom is onverskoonbaar en kon verhoed gewees het as die polisie onmiddelik op die eerste klagtes gereageer het. Ons dring daarop aan dat die regte oortreders geidentifiseer word en dat daar onmiddelik wetlik teen hulle opgetree word.”

Agri Wes-Kaap meen dat die plaaslike munisipaliteit die inwoners van die informele nedersetting gefaal het deur nie vir hulle behoorlike infrastruktuur en dienslewering te gee nie en dit het bygedra tot hulle ontevredenheid.

Produsente wat ‘n reuse-bydrae maak tot die ekonomie, vooruitgang en werkskepping in die area word geteiken en gedreig om die aandag af te lei van die kriminele element wat blykbaar die situasie in die eerste plek veroorsaak het. Ongeveer 14 000 werkers word tydens hoogseisoen in die Hexriviervallei in diens geneem en in hierdie uitdagend ekonomiese tye het produsente betroubare, doeltreffende en produktiewe werkers nodig. Produsente in die area handhaaf ook ‘n hoë waardestelsel op hulle plase en werkers word hiervolgens in diens geneem.

Opperman sê met betrekking tot die aantygings dat werkers minder as die minimumloon betaal word, wil Agri Wes-Kaap diegene wat die aantygings maak, uitdaag om die bewyse aan die Departement van Arbeid te gee sodat diegene wat na bewering hieraan skuldig is, ondersoek kan word. Produsente is nie die enigste direkte werkgewers in die Hexriviervallei nie, maar tog is hulle die enigste wat beskuldig word van onwettige optrede.

23 November 2009
 

0
 
 
  • 1868 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Conrad Jacobs 
25 Nov 2009 09:16

Ek woon op 'n plattelandse dorpie in die Wes Kaap en sien elke dag hoe ons omgewing verander deur onwettige immigrante wat instroom. Die vrugte produsente is net uit op wins bejag en hulle neem slegs die mense in diens omdat hulle bereid is om vir minder as die Suid Afrikaanse burgers te werk. Boonop is meeste van die mense onwettig en sal hulle nie gaan kla oor hulle behandeling by die owerhede nie. Ek wil net aan die boere se dat hulle is die enigste oorsaak van die plakkers kampe wat oral op die Wes Kaapse platteland opskiet. Die maatskaplike probleme en die toenemende misdaad is hulle skuld aangesien hulle die mense op die dorpe gaan DUMP as hulle klaar is met hulle. Hou op om onwettige mense in diens te neem, julle veroorsaak net nog 'n groter las op die belasting betalers van die land. Want nou moet ons ook nog betaal om die ongewenstes te onderhou en dit terwyl hierdie land reeds gruweluk oorbevolk is. Die verskonings wat julle maak dat die mense wil werk en die plaaslikes nie, asook die morele meerwaardige houding dat julle kry hulle jammer, dra nie water by my nie. Julle dien slegs julle eie sak en Mamon deur mense wat nie hier hoort nie en dus geen beskerming onder die wet het (of verdien nie) in diens te neem. Ek hoop dat die regering meedoenloos sal toeslaan op landbouers wat hierdie wette oortree asook die arbeids makelaars wat miljoene maak uit hierdie handel in mense.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Liewe boer...
  • Hoëveld erg besoedel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction