Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / De-potiliseer-plaasaanvalle-mthethwa

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

De-potiliseer plaasaanvalle - Mthethwa

 
Deur ALANI JANEKE

“Mense moet regtig sensitief wees as hulle uitsprake maak oor misdade, veral dit wat steeds ondersoek word. As dit ‘n moord was, is dit net ‘n misdaad, klaar!”

Dit was die opinie van mnr. Nathi Mthethwa, die Minister van Polisie, ná vrae oor politieke uitsprake wat gereeld oor plaasaanvalle asook ander voorvalle van geweld in landelike gebiede gemaak word.

Mthethwa was een van die genooide sprekers wat vandag AgriSA se Misdaadkonferensie in Centurion toegespreek het. Hy het arbeidskwessies en swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers, asook die die huur van buitelanders, wat die land sonder dokumente binnekom, as van die grootste probleme uitgelig.

Mnr. André Botha, die voorsitter van AgriSA se veiligheidskomitee, sê die organisasie se statistieke stem nie ooreen met dit wat die minister gesê het nie. “Ek wil dit kategories stel dat die grootste aantal van plaasaanvalle nie weens swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers plaasvind nie. Ons navorsing dui ook nie aan dat die indiensneming van buitelanders op plase grootliks daartoe lei nie!”

Die Minister het hierop reageer deur te sê hy het nie gesê dat die indiensneming van buitelanders sonder dokumentasie die grootste faktor is nie, hoewel dit nie geïgnoreer kan word nie aangesien dit ‘n belangrike faktor is.

Mthethwa het aangedui dat die Regering nie misdaad in die land kan bekamp sonder die hulp van die publiek nie, hoewel hy meen dat die staat leiding moet neem. “Ons moet nie weerskante van die heining sit en vinger na mekaar wys nie.”

Geen reaksie oor plaasmoorde
Nthethwa sê daar was nog geen reaksie van sy departement oor plaasaanvalle nie, want dit is ‘n sensitiewe saak. “Dit is ‘n baie netelige saak, en daarom het ek en my departement ons nog nie daaroor uitgespreek nie.”

Hy het vertroue tussen landelike gemeenskappe en die Polisie as een van die grootste struikelblokke in die voorkoming en beperking van plaasaanvalle beskryf. “Uit dit wat ek vandag hoor, lei ek af dat wedersydse vertroue een van ons grootste struikelblokke is. Ons sal dit daadwerklik moet aanspreek!”

Statistieke oor plaasaanvalle
Volgens Mthethwa dui die Polisie se statistieke aan dat tussen 1997 en 2007 altesaam 2 148 moorde op plase in Suid-Afrika voorgekom het. Hy sê ‘n opname wat onder polisieverslae gedoen is in 2003 het aangedui dat die meeste van die moorde onder plaaswerkers of vriende wat by plaaswerkers kuier plaasgevind het.

Mthethwa sê sosiale optrede speel ‘n rol in 75% van misdade in landelike gebiede. “Die misbruik van alkohol is ‘n groot probleem.”

Reserviste en wapens
Die Minister sê nadat die moratorium op die reservistestelsel verlede jaar gelig is, verwag hy dat die stelsel binnekort geïmplementeer sal word. Van die afgevaardigdes het Mtethwa ingelig dat hulle wou deel word van die reservistestelsel, maar dat hulle aansoeke nie deur hulle plaaslike polisiestasies verwerk is nie. Hy het mense wat dié probleem ondervind aangeraai om sy departement regstreeks te kontak en dit aan hulle te rapporteer.

Mthethwa het ook te kenne gegee dat diefstal van wapens deur polisielede een van sy grootste bekommernisse is. Hy sê die bronne van gesteelde wapens is korrupte polisielede, soms ook lede van sekuriteitsmaatskappye asook wapens wat deur verdagtes gesteel word tydens misdade. “Ons is tans besig met ‘n deeglike proses om korrupte lede uit die polisiemag uit te kry!”

Volgens Mthethwa sal amptenare van sy departement voortaan op ‘n gereelde basis met die georganiseerde landbou vergader om die situasie te bespreek.

8 Maart 2010
 

5
 
 
  • 2196 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Kobus Du Plessis 
09 Mar 2010 11:33

Die doel met plaasmoorde is om die Blankes van hul plase te verwyder ten einde hierdie grond te beset. Al die debatte hierom is eintlik futiel - plaasaanvalle sal aanhou totdat die witman self iets daaraan doen. Die enigste antwoord hierop is dat boere hul plase beskerm deur self die kommandostelsel weer te aktiveer. Natuurlik sal die regering van die dag nie finansiel hiertoe bydra nie. Maar onthou dat die regering van die dag nie altyd die regering gaan bly nie. Ons sal 'n punt moet bereik waar ons ons eiendom en ons mense ten alle koste moet beskerm met alle middele tot ons beskikking. Ons het 'n goddelike opdrag om in hierdie land, ons land, te wees. Handhaaf hierdie opdrag.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
08 Mar 2010 22:31

Bring die dood straf terug...almal wil dit terug hê!!

  • antwoord
Bettie 
08 Mar 2010 20:54

Wanneer gaan ons die waarheid in die gesig staar. My ouers was twee keer op hul plaas aangeval. Nie een van die twee aanvalle is eens verhoor nie. Ek wil dit tromp-op aan die Minister stel dat om die redes of oorsake van plaasaanvalle aan doe verhouding tussen Boer en Werker toe te skryf, so ver van die waarheid verwyder is as die ooste van die weste. In beide die gevalle het die einste plaaswerkers tot my ouers se redding gekom en inligting aan die polisie gegee oor die vermeende aanvallers. In die eerste geval was die aanvallers van 'n dorp 100de kilometers van die plaas. Met die tweede aanval het een van die plaaswerkers wat die bure ontbied het die aanvallers geken as vna dieselfde township waar hy ook van tyd tot tyd gewoon het. Vir baie jare is daar op hom jag gemaak deur hierdie vermeende "gamg". Herhaalde oproepe aan die polisie om homo te beskerm is ook maar afgemaak. En weet u wat minister, uiteindelik het die gang hom in Januarie vanjaar doodgesteek. Dieselfde gang. Weereens nog nie aangekeer nie. En dit, 10 jaar na die aanval. Kom ons word almal wakker. Daar word net soveel swart mense (veral vroue) daagliks vermoor in die townships. Kom ons staan saam en praat oor moord oor alle grense heen. Dit is egter so dat 'n regering wat onverskrokke staan teenoor wat met ons boere gebruik, die land op 'n spoor totale verval plaas. Kom ons pas alle landsburger op en wys dat elkeen van waarde is. Dit is ons koskaste waarvan ons hier praat. Die massas sal (soos dit al die geval is) sterf van die honger en dan sal daar seker weer 'n ander verskoning wees.

  • antwoord
mkruger
08 Mar 2010 12:37

Die probleem met die regering is dat hulle altyd hulle foute op ander wil afstoot en ons laat hulle dit toe.

Kyk nou maar na die twak:
Hy het arbeidskwessies en swak kommunikasie tussen boere en plaaswerkers, asook die die huur van buitelanders, wat die
land sonder dokumente binnekom, as van die grootste probleme uitgelig.

“Ons moet nie weerskante van die heining sit en vinger na mekaar wys nie.”

My voorouers het geboer en hulle is nie vermoor deur hulle werkers nie. Inteendeel is daar baie van die ou werkers wat openlik sal se dat dinge in die ou dae baie beter was.

Dis die ANC en sy beleid wat arbeid so duur gemaak het dat boere nou na goedkoper buitelandse arbeiders laat kyk.
Dit is die ANC wat die buitelanders toelaat om die RSA in en uit te kom asof dit hulle land is.

En die vermeetelheid om te se ons moet nie vinger wys nie maar saamwerk.
Hoeveel boere het nou al probeer saamwerk en dan self agter die tralies opgeeindig.

Miskien is die artikel nie volledig nie maar dit wil my voorkom hier is baie gese maar geen daadwerklike besluite geneem om die probleme aan te spreek nie.

Maw 'n mors van tyd ?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Landbou.com-fotokompetisie II - Inskrywings 16
  • Yade Juan Smith Tuiste, 3 Fleur Street, Wilgehof Bloemfontein
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction