Deur JOYLENE VAN WYK
13 November 2009

2167 keer gelees | 0 kommentaar

Die "beswyming" waarin die Departement van Landbou homself bevind het, is verby, sê me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van dié departement.


Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is nie meer in ‘n beswyming nie en het nou ‘n duidelike mandaat en werk na spesifieke doelstellings, het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, gesê.

Die bestuur van die departement onder die voormalige landbouminister, me. Lulu Xingwana, het boere boos gelaat omdat dit sy sig van die departement se primêre fokus verloor het. Joemat-Pettersson het op ‘n Parlementêre vraag oor die stand van die departement geantwoord dat die departement ‘n aantal projekte en programme gehad het wat nie gehelp het om die ongelykhede van die verlede aan te spreek nie en dat daar nie ‘n duidelike databasis van boere in die land is nie.

Boonop het die departement na 15 jaar voortgegaan om swart kleinboere as opkomende boere te definieer sonder enige duidelike plan om hulle oorgang na kommersiële boere te bewerkstellig. Sy het aangedui dat van die stappe wat intussen geneem was, is om die departement se fokusgebiede vir die volgende vyf jaar duidelik te stel en om te verseker dat daar ‘n gemeenskaplike begrip onder senior bestuur hieroor is.

‘n Nuwe visie, missie en waardestelsel is opgestel. Daar word nou gewerk om ondersteuningsmodelle vir die drie groepe boere - bestaans-, klein- en kommersiële boere - te ontwikkel om die landbou na volhoubare en groter hoogtes te voer.

13 November 2009
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights