Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Derde-opname-van-vloedskade-nk

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Derde opname van vloedskade in NK

 
Deur ALANI JANEKE
Die Rietrivier buite Douglas. Foto: MARTHIE VAN DER WESTHUIZEN
Die Rietrivier buite Douglas. Foto: MARTHIE VAN DER WESTHUIZEN

’n Derde opname ná vloedskade word tans in die Noord-Kaap gedoen nadat vloedwaters die naweek weer skade daar aangerig het.

Mnr. Johan van Rensburg, hoof uitvoerende beampte van Agri Noord-Kaap, sê veral boere in die distrik Douglas het skade gely.

Die Rietrivier het sedert verlede Donderdag (9 Junie) onderkant Douglas se besproeiingsgebied baie hoog in die Oranjerivier ingevloei. Dié groot hoeveelheid water het egter veroorsaak dat die Oranje- en Vaalrivier hoër op opgedam het, wat skade aan die besproeiingsgebiede aangerig het.

“Niemand het dit verwag nie, die boere het dus nie noodwendig hul pompe geskuif nie. Dit veroorsaak nou weer vir die boere baie skade, want daardie pompe moet nou onder meer uitmekaar gehaal en drooggemaak word,” vertel Van Rensburg.

’n Verwagte piek van 6,2 m 
Mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA, sê volgens die Departement van Waterwese se jongste voorspelling sal die Oranjerivier Maandag (13 Junie 2011) by Upington sy piek teen 2 800 kumek bereik, wat ’n vlak van sowat 6,2 m sal wees.

Intussen sê mnr. Jors van der Westhuizen, ’n boer van die distrik Grootdrink, die Oranjerivier “styg steeds”, hoewel dit glo reeds sy hoogste vlak by Prieska bereik het sonder om sy walle te oorstroom. Hy sê hulle hou duim vas dat die rivier nie weer oor sy walle sal breek nie.

Beplanning is baie belangrik

Wat die moontlikheid van verdere vloede betref, sê Möller beplanning rondom die bestuur van damvlakke en die riviere deur die Departement van Waterwese gaan voortaan baie belangrik wees.

“Dit gaan bepaal wat alles in die volgende reëntyd gaan gebeur.”

Aan die gunstige kant sê Möller die baie water in die riviere kan help met die provinsie se hidroliese kragopwekkingsprojekte.

“Dit beteken ook dat boere in die gebiede wat geraak is die volgende twee jaar sonder reën goeie oeste sal kan kry.”

13 Junie 2011

0
 
 
  • 1111 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Regering besweer vrese oor grond
  • Geletterdheid kry aandag
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction