Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Dieremishandeling-richtersveld

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Dieremishandeling in Richtersveld?

 
Deur ALANI JANEKE

Die voorsitter van die Port Nolloth Richtersveld Shelter Animal Protection Foundation gaan aan die Dierebeskermingsvereniging (DBV) aanbeveel om dieremishandeling op van die plase van die Richtersveld Landbouhouersmaatskappy te ondersoek.

Me. Ria Potgieter, voorsitter en direkteur van dié organisasie, sê sy het twee van die maatskappy se plase besoek en sy is glad nie tevrede met die toestand van die diere nie.

Die maatskappy bestuur onder meer vyf plase wat as deel van ‘n grondeis aan die gemeenskap van die Richtersveld oorhandig is. Die plase, asook ander eiendom, is sedert 2007 in die gemeenskap se besit. 

Dunvlei se beeste het nie voer nie
Potgieter sê sy moes spesifiek kyk of daar voer vir die diere by die melkstal op die plaas Dunvlei was, maar voeg by dat sommige van die diere op die plaas in goeie toestand is. Potgieter sê van die diere was in ‘n goeie toestand, maar ander was baie maer.

Sy sê daar word glo ook melk aan mense op die plaas uitgedeel, terwyl daar ‘n kennisgewing hang wat sê dié melk is nie geskik vir gebruik deur mense of diere nie.

Beauvallon het ook probleme
Op Beauvallon, die tweede plaas wat Potgieter besoek het, het die diere glo ook nie kos nie. Sy sê op 183 beeste word in een kamp op die plaas aangehou.

Potgieter sê in die volstruiskamp was daar ook nie voer nie. Sy sê ‘n volstruis het blykbaar vroeër die week gevrek, maar die karkas is net so tussen die ander gelos. “Daar moet iewers ‘n groot skroef los wees, want een van die werkers sê strandwolwe het blykbaar al 70 volstruise gevang. Hoekom word daar nie behoorlik na die diere gekyk nie?“

Nie bewus van mishandeling nie
Intussen sê Uys hy is nie bewus van dieremishandeling op dié plase nie. “Ons het al verskeie bewerings van mishandeling op die plase gehad, dis niks nuut vir my nie.” Hy sê hy is die maatskappy se tussentydse bestuurder vir die plase.

Hy het ‘n verslag aan landbou.com voorsien waarin ‘n staatsveearts bevestig dat die diere se toestand tussen Maart en November verlede jaar verbeter het. Daarvolgens sê dr. C. Schutte, ‘n staatsveearts van Springbok, die diere moet daagliks ten minste een keer gemelk word om mastitis te voorkom.

Die veearts sê daarin ook duidelik dat die diere se melk nog nie aan wetlike standaarde vir verkoop aan mense voldoen nie, en dat gereelde verslae hieroor aan die veearts gestuur moet word.

Uys sê hulle verwag binnekort weer ‘n besoek van ‘n staatsveearts: “Ek is self nuuskierig om te sien of die diere verbeter het.” Volgens Uys het Schutte die staat se diens verlaat en is hulle nie seker watter veearts hulle gaan besoek nie.

16 Februarie 2010

5
 
 
  • 2233 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Onbekende besoeker 
19 Jul 2011 01:45

ek het groot geword alexander baai, my kindertyd op dunvlei deurgebring. in 1985-1995 was daai melkery met beeste en al van die beste kwaliteit in die land. jammerte dit was gewoontlik bestuur deur mense wat geen ondervinding van boerdery gehad het nie. jy kan sien van dat die hongerhonde oorgevat het nou word alles deurgetrek. ek het groot liefde vir die groot drie. die toestand van die plase is n voorbeeld van hoe die cpa gerun word. as daai plase reg gerun word kan dit ontwikkel. ek boer nou self en dit is n skill with a bit of luck. dinge moet reg loop of jy sien jou gat sonder n spieel. almal wil boer, maar almal kan nie boer nie. enige bobbejaan kan n trekker bestuur.j y moet kan beplan. its not happenning is it? tragies

  • antwoord
Onbekende besoeker 
11 Okt 2010 15:29

hoe doen jy so iets aan diere

  • antwoord
Nog 'n Richtersvelder 
09 Mei 2010 20:40

Hierdie is niks nuut nie. Daar was sedert die oorname van die CPA nog geen behoorlike bestuur nie. Sover ek weet is daar net drie gekwalifiseerde ladboukundiges in die Richtersveld en nie een van hulle is in die diens van die CPA of Alexkor nie. Waar het Marius gewerk en wat se kennis het hy? Ek weet hoeveel volstruise al dood is as gevolg van nalatigheid en foutiewe voer of geen voer vir dae aaneen nie. Die melkkudde was op 'n stadiumm so maer dat dit gelyk het soos 'n klomp kapstokke. Dit is hoog tyd dat daar ondersoek gedoen word en persone hiervoor verantwoordelik aangekla word.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Mar 2010 16:15

Die CPA maak almal en alles in die Richtersveld arm en bankrot, hulle sal sorg dat al die plase vernietig word. Net die CPA word ryk en die gemeenskap is honger.

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Mar 2010 16:13

Marius weet nie hoe om te boer nie! Bring vir Jolande terug, sy kan en wil boer!

  • antwoord
Onbekende besoeker 
09 Mar 2010 16:11

Marius Uys is totaal onbevoeg om hierdie plase te bestuur, hy stel eenvoudig net nie belang nie. Hy spandeer al sy tyd in die CPA kantoor op Alexander Baai. Die CPA boer asof hulle graag die plase bankrot wil he.Die regering behoort hier in te gryp!

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Beslote Korporasies
  • Titelaktes van familieplaas
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction