Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Dikkop-maai-onder-vee

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Dikkop maai onder vee

 
AMELIA GENIS

Namakwalandse skaapboere het duisende rande verloor nadat dikkop op plase in die Boesmanland uitgebreek het. Dit volg op 'n uitmergelende droogte wat reeds die afgelope twee jaar in dié somerreëngebied heers.


Mnr. Koos Mostert van Avontuur, naby Kamieskroon, wat weigrond in die Boesmanland besit, het vroeg verlede week reeds 250 skape verloor; 'n finansiële verlies van amper R100 000.


Daar is nie veel wat hy kan doen nie. "Ek ken skade en terugslae, maar om darem elke oggend in 'n kamp op nóg 'n klomp dooie skape af te kom en te sien hoe die siekes ly, is te erg. Dít is moeilik om te verwerk."


Mostert sê mnr. Jan Kennedy van Smorgenskadu in die Boesmanland het meer as 100 stuks vee verloor en mnr. Daantjie Esterhuizen van Kouberg omtrent 70.


Daar is geen suksesvolle behandeling teen dié siekte nie en die meeste van die skape wat dit opdoen, vrek, sê dr. Hennie Venter, 'n veearts van Springbok. In die 15 jaar wat hy daar praktiseer, het dikkop reeds vier keer voorgekom.


Dikkop, oftewel fotosensitering, bring 'n oorgevoeligheid vir sonlig mee en word deur gifstowwe in 'n plant veroorsaak.


Skape doen gewoonlik die siekte op nadat hulle duifiedoring (Tribulus terrestris) gevreet het. Hoewel duifiedoring volgens boere gewoonlik 'n goeie voedselbron is, kan dit in sekere klimaatstoestande — byvoorbeeld ná reën in Desember en vroeg Januarie — dikkop veroorsaak. 'n Gifstof in die plant vorm kristalle wat die lewer se galbuise verstop en verhoed dat gal uitgeskei word. 'n Oormaat gal maak diere gevoelig vir lig en laat hulle opswel.


Volgens Venter is die tradisionele simptome van dié siekte 'n dik kop en dik bene. Vanweë Dorpers se swart koppe is daar minder swelling aan die koppe, en is dit hoofsaaklik die lippe, keel en dele waar ledemate aan die liggaam geheg is, wat swel. Boere sê in uiterste gevalle kan die ore en lippe afval.


Hoewel daar nie veel is wat boere kan doen nie, beveel Venter aan dat hulle die diere uit die kampe waar die duifiedoring is, verwyder en in die kraal voer. Siek skape moet in die skaduwee gehou word en kos gevoer word wat nie baie groen pigment bevat nie.


Om die dikkop-simptome te verlig, kan aangetaste diere met kortisoon, galdrywers of vitamien B-kompleks behandel word. Hoewel die mees onlangse navorsing toediening deur die bek van magnesiumsulfaat en -oksied aanbeveel, sê Venter dat dit nie resultate lewer nie.

2 April 2004

0
 
 
  • 1920 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Die Begin... van 'n droom, 'n kans en hoop
  • Thoko wil weer oorleg pleeg
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction