|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Distell se omset vir die 12 maande tot 30 Junie 2009 het met 15,5% tot R10,9 miljard gestyg. Dit is bereik met volumegroei van 10,8% danksy die vergroting van die maatskappy se markaandeel in verskeie belangrike markte, sê mnr. Jan Scannell, besturende direkteur.
Danksy omsetgroei het die bedryfswins met 4,8% toegeneem. Die netto bedryfsmarge het egter van 14,3% na 13,0% gedaal. “Voordele behaal uit vehoogde deurset en verbetering van doeltreffendheid is teengewerk deur aansienlike stygings in grondstof- en distribusiekoste, asook inkrementele koste om verkoops- en bemarking in sleutelmarkte uit te brei.”
Hy het bygevoeg dat die groep se prestasie ook negatief geraak is deur ongunstige wisselkoerse. “Die versterking van die rand teenoor die meeste belangrike geldeenhede teen die einde van die finansiële jaar het tot valutaverliese van R46,6 miljoen op jaareinde aanleiding gegee vergeleke met ‘n wins van R57,3 miljoen die vorige jaar.”
Wesensverdienste het met 1,2% tot R953,5 miljoen gestyg, en wesensverdienste per aandeel met 0,9% tot 475,2c vir ʼn saamgestelde jaarlikse groeikoers van 23,2% oor ‘n sewe jaar-periode.
Binnelandse verkoopsvolumes vir die jaar het met 6,4% toegeneem, en omset met 11,2%.
Spiritualieëvolumes het, in ooreenstemming met die 5% daling in die mark, afgeneem omdat verbruikers in ’n uiters mededingende handelsomgewing goedkoper alternatiewe gesoek het. Nogtans het verkope van Distell se sleutel- brandewyn- en whisky-handelsmerke gegroei.
Internasionale verkoopsvolumes, met inbegrip van Afrika, het met 26,7% gestyg, hoër as die gebotteldewynuitvoere deur die res van die bedryf oor dieselfde periode. Scannell het gesê die volumes van spiritualieë het ook bevredigend gegroei en gevolglik het internasionale omset met 36,9% toegeneem het.
Veral Afrika het uitsonderlike groei gelewer, en het 52,0% tot buitelandse omset bygedra. Internasionale besigheid het 23,5% van die totale omset uitgemaak, teenoor 20,0% in die vorige jaar.
’n Dividend van 132c per aandeel is verklaar en sodoende is die finale dividend van die vorige jaar gehandhaaf. Dit verteenwoordig ’n toale dividend van 256c per aandeel (2008: 236c) en ʼn dividenddekking van 1,9 keer (2008: 2,0 keer) op wesensverdienste.
26 Augustus 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)