Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Distell-wil-sterk-rand-se-voordele-benut

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Distell wil sterk rand se voordele benut

 
JACQUES CLAASSEN

Suid-Afrika se grootste wyn- en spiritualieëmaatskappy, Distell, werk aan oplossings vir die impak wat 'n sterker rand op sy uitvoer het. Terselfdertyd probeer hy die kostevoordele benut wat die sterk rand ten opsigte van vataankope en ander produksiemiddele inhou. Ondanks 'n strawwe handelsomgewing, stel Distell sy visier op groeigeleenthede.


Dít blyk uit die oorsig wat sy bestuurshoof, mnr. Jan Scannell, by die maatskappy se jaarvergadering in Stellenbosch gelewer het. Wat plaaslike én internasionale volumes betref, het Distell in die verslagtydperk 5,5 % meer wyn verkoop, 3,4 % meer spiritualieë, maar 6,3 % minder gegeurde alkoholiese drankies. Sy internasionale wynverkope het egter met 18,9 % gegroei.


"Gelukkig, is minder as die helfte van Distell se buitelandse verdienste in Amerikaanse dollar, met die res in euro of ander geldeenhede wat nie in dieselfde mate teen die rand verswak het nie. Die verlaging in plaaslike rente- en inflasiekoerse sal die binnelandse mark na verwagting 'n hupstoot gee en verdere stukrag verleen aan handelsmerke wat oor die afgelope jaar buitengewoon goed gevaar het."


Daaronder tel die roomlikeur Amarula wat in die verslagtydperk 'n groei van 54 % in verkope in Kanada getoon het. Trouens, vanweë Suid-Afrika se groter gewildheid as 'n toeristebestemming neem die verkope van Amarula wêreldwyd toe.


Wat Distell se groeiprojek in Afrika-lande betref, vind hy nuwe geleenthede in ontluikende markte, soos Angola, (wat 'n geskatte BBP-groeikoers van 11,5 % het), sê mnr. Etienne Heyns, Distell se internasionale bedryfsdirekteur.


Mnr. Scanell het die "onopgeloste regulatoriese sake met die mededingingsowerhede" as nog 'n uitdaging uitgelig. "Vanuit 'n bedryfsperspektief het Distell die samesmelting (tussen Stellenbosch-Boerewynmakerye en Distillers) binne die voorskrifte van die regulatoriese owerhede afgehandel. Maar nou, ongeveer drie jaar later, het ons nog nie finaliteit oor mededingsaspekte nie. Ondanks die feit dat ons 'n finale kompromie met die Mededingingstribunaal bereik het, het ons nou die ongerymdheid dat die Mededingingskommissie, wat die samesmelting aanvanklik goedgekeur het, teen die Tribunaal se beslissing appèlleer," sê hy.

24 Oktober 2003

0
 
 
  • 1767 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • WIL GRAAG BOER 2!!!!
  • Koeler streke se witwyn beter
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction