|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Mnr. Don Slabber, besturende direkteur van BKB, se verbintenis met dié maatskappy eindig op 30 Junie aanstaande jaar ná 'n dienstydperk van 37 jaar.
In 'n omsendbrief aan direkteure en personeellede wat in Landbouweekblad se besit gekom het, sê die voorsitter van BKB, mnr. André Kolver, dit is die direksie se mening dat nuwe, opwindende uitdagings en verwikkelings in die toekoms wag op BKB.
Om dit te ontsluit en voort te bou op die suksesse van die verlede, het die direksie twee toonaangewende personeelwerwingsmaatskappye aangestel om 'n geskikte opvolger vir mnr. Slabber se pos te identifiseer.
Van die eienskappe wat die direksie in sy opvolger soek, is onder meer geloofwaardige bestuursondervinding, die nodige kennis om leiding en inspirasie in spanverband te gee en besigheidsgroei te bewerkstellig, en innoverende en praktiese leierseienskappe.
Daarby moet die persoon 'n uitstekende kommunikeerder wees met die vermoë om doeltreffende wisselwerking met 'n wye verskeidenheid aandeelhouers en belanghebbendes te kan vestig, aldus die omsendbrief.
19 September 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24