|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Verskeie landboukoöperasies kan lamgelê word deur "n staking as "n dispuut oor loonverhogings nie binnekort bygelê word nie.
Die vakbond Solidariteit het "n dispuut verklaar met die bestuur van nege koöperasies, naamlik Noord-Transvaal (NTK), Noordwes (NWK), die voormalige Magaliesburg Graankoöperasie (Obaro), Suid-wes (SWK), Vrystaat (VKB), Oos-Vrystaat (OVK), Karoo (Kolk), Griekwaland-wes (GWK) en Senwes.
Luidens "n verklaring van Solidariteit is die finale aanbod van die werkgewers "n gewaarborgde 8 % vir die laags besoldigde kategorie werkers (1 tot 4) en "n "gemiddelde" verhoging van 8 % wat nie gewaarborg is nie vir kategorie 5 tot 11.
As dié aanbod aanvaar word, beteken dit die werkgewer kan sy eie oordeel gebruik en werknemers "n salarisaanpassing van 0 % tot 8 % aanbied. Die werkgewers het Solidariteit se teeneis van 8 % met "n minimum gewaarborgde 6 % verwerp.
Mnr. Willie Marais, hoofonderhandelaar vir koöperasies sê "n staakstemming word nou onder lede gehou en as die uitslag gunstig is, sal oorgegaan word tot "n staking.
"Ons hoop dit sal nie nodig wees nie want dit kan "n ramp afgee. Solidariteit wil tot elke prys keer dat boere onder so "n stap ly en het samesprekinge met die georganiseerde landbou aangevra vir hulp om die saak op te los sonder "n staking."
Slegs NWK het teen verlede Woensdag "n skikkingsooreenkoms onderteken vir "n gewaarborgde verhoging van 9 % vir werkers in kategorie 1 tot 4 en "n meriete gekoppelde verhoging van gemiddeld 9 % vir werkers in kategorie 5 tot 11.
14 Maart 2003
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24