Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Drie-plaasaanvalle-twee-weke

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Drie plaasaanvalle in twee weke

 
deur ALANI JANEKE

‘n Groep van vyf mans het die afgelope twee weke vermoedelik drie plaasaanvalle in die distrik Graskop uitgevoer. Mnr. Arnold Spies, ’n boer van die omgewing, sê in die jongste voorval is ’n bejaarde vrou van amper 80 op sy buurman se plaas aangerand en met wapens aangehou.

Die vrou, wat van ’n loopring afhanklik is, woon in ’n aparte huis saam met haar dogter en skoonseun op die plaas. Sy is deur die mans oorval en in haar kamer aangehou terwyl die groep wapens en geld by haar geëis het.

Haar skoonseun het die mans in die huis sien beweeg en hom daarheen gehaas. Met sy aankoms by die huis het die groep uitgestorm en vier skote in sy rigting gevuur, maar hy is nie raakgeskiet nie. Die groep het toe op die vlug geslaan.

Weggetrek van plase af

Intussen het die twee egpare, wat tydens die ander twee voorvalle ook slagoffers van vyf aanvallers was, van hul plase af weggetrek. ’n Koffieboer wat tussen Sabie en Hazyview boer en sy vrou was die eerste slagoffers van die reeks aanvalle. Hulle is aangerand en met wapens aangehou vir geld en nog wapens.

Tydens die tweede voorval is ’n boer en sy vrou wat op die “Pebbels”-pad bly, aangeval en die boer is in die skouer geskiet. Albei egpare was só getraumatiseer dat hulle reeds na hul naaste dorpe verhuis het.

Trae hulp

Spies sê hulle is baie bekommerd oor die trae hulp wat hulle in sommige gevalle van die polisie ontvang. Hy sê die polisiekantoor op Hazyview se nommer werk nie, en wanneer hulle die noodnommer van die polisie skakel, kos dit hulle amper ’n uur en ’n half  om tot by die plaas te kom.

Landbou.com het self die nommer van die polisiekantoor probeer skakel. Daar word slegs gesê die nommer het verander, maar die nuwe nommer is nog nie beskikbaar nie.

Volgens Spies leef hulle in vrees oor waar die groep volgende mag toeslaan. Die mans is glo in donker kakiekleurige uniforms geklee en is met outomatiese gewere gewapen. Spies waarsku boere in die omgewing om paraat te wees.

19 April 2011
 

5
 
 
  • 1845 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

helmi van zyl 
22 Apr 2011 16:39

geen boere geen kos hammersonauctioneering group is teen plaasaanvalle en enige vorm van viktimisasie etc van boere...beskerm ons boere en bring terug die tou my ou

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Grondkwessie is ‘politieke speelbal’
  • Gemor oor kodes kring uit
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction