|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Droogtehulp van R26,9 miljoen is bewillig vir boere in die Eden-munisipaliteit, wat George insluit.
Dié aankondiging is deur die Wes-Kaapse LUR vir landbou, mnr. Gerrit van Rensburg, bekend gemaak. Die Eden-munisipaliteit is op 13 November 2009 as ‘n rampgebied verklaar.
Luidens ‘n nuusverklaring deur die ministerie van landbou in die Wes-Kaap was Van Rensburg se boodskap aan die boere wat ‘n vergadering hieroor in George bygewoon het: “Ons is almal saam in hiedie droogte en ons sal dit saam aanpak en bestuur.”
Die geld, wat deur die Tesourie bewillig is, is om boere wat voer vir hul vee benodig, te help. Die droogtehulp sal in die vorm van koopbewyse beskikbaar wees, waarmee boere voer by geregistreerde agri-besighede kan koop.
Die hulp behels R600 per GVE per maand, tot ‘n maksimum van 50 GVE. Boere wat meer as 50 GVE het, moet ‘n bydrae van 30% maak. Dit beteken dat ‘n boer met 50 koeie R21 000 per maand kan kry om voer te koop en transport te dek, sê mnr. André le Roux, ‘n direkteur van die provinsiale departement van landbou.
Van Rensburg poog ook om maniere te vind om groenteboere by te staan.
Lees ook:
Oos-Kaap is rampgebied: Vee geskiet
George-boere glo groot reën kom
George-droogte 'n stille krisis
9 Februarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)