Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Duisende-wapens-ingehandig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Duisende wapens ingehandig

 
Deur ISABEL STOLTZ

Nog tyd vir herlisensiëring en ’n verdere amnestie-tydperk om onwettige vuurwapens in te handig, is nodig, sê mnr. Pieter Groenewald, Vryheidsfront Plus-woordvoerder vir veiligheid en sekuriteit.

Altesame 125 716 wettige vuurwapens is sedert die in werking treding van die Wet op die Beheer van Vuurwapens in 2004 tot einde Desember 2008 aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig om vernietig te word.

Die SAPD het sedertdien tot einde Junie 2009 beslag gelê op 104 880 onwettige vuurwapens. In antwoord op skriftelike vrae van die VF Plus in die Parlement, het mnr. Nathi Mthethwa, Minister van Veiligheid en Sekuriteit, gesê 33 829 van die onwettige vuurwapens is gedurende die amnestie-tyd van 1 Januarie tot 30 Junie 2005 aan die polisie oorhandig.

Die VF Plus meen daar kan van meer onwettige wapens ontslae geraak word as mense dit vrywillig indien onder beskerming van amnestie. Groenewald sê dit blyk duidelik uit die syfers dat die registrasieproses vir vuurwapens in terme van die nuwe wet ernstige probleme ondervind en verdere herregistrasie toegelaat sal moet word.

“Uit vorige antwoorde van die minister was daar tot Februarie vanjaar 881 136 aansoeke vir herlisensiëring. As die ingehandigde wapens bygetel word, is dit net meer as 1 miljoen. As in ag geneem word dat daar ongeveer 4 miljoen wettige vuurwapens in die land is, beteken dit daar is nog 3 miljoen aansoeke vir herlisensiëring uitstaande waarvoor nog tyd nodig is. Die VF Plus is reeds in gesprek met die Minister daaroor,” sê Groenewald.

12 Augustus 2009

3.666665
 
 
  • 3475 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Subsidies knou SA katoenbedryf
  • ‘Min swart Suid-Afrikaners soek grond’
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction