|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Regering is by geen poging betrokke om eiendomsregte te ondermyn nie, het pres. Jacob Zuma gister (Donderdag) in die Parlement gesê.
Veral boere hou die situasie oor eiendomsregte fyn dop nadat aan die lig gekom het dat die Regering sekere beperkinge op eiendomsbesit wil voorstel.
Die Regering stel ‘n driebeenstelsel voor wat in die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Groenskrif vervat sal word.
Volgens Zuma sal die nasie moet debateer of staatsgrond slegs onder huurbesit moet wees, daar ’n beperking op die besit van private grond moet wees en dat buitelandse eienaarskap van grond verbind moet wees aan produktiwiteit en vennootskappe met Suid-Afrikaners.
Mnr. Athol Trollip, leier van die DA in die Parlement, wou by Zuma weet wat hy onlangs by die Swart Bestuursforum bedoel het met “die Regering se vinniger en meer pragmatiese benadering tot grondhervorming wat binne die grense van die wet uitgevoer sal word.” Hy wou verder weet of die Regering die eiendomsreg van sy landsburgers sal beskerm.
‘Hervorming kan vinniger geskied’
Zuma het benadruk dat grondhervorming steeds vinniger gedoen kan word met die Regering se strewe na ‘n volhoubare en versnelde benadering, maar binne die grense van die wet. Hy het verduidelik dat daar geen teenstrydigheid is tussen vinniger grondhervorming en die volgehoue toepassing van die wet nie.
“Die Regering het besef dat die grondhervormingsprogramme wat tot nou toe in werking gestel is, nie heeltemal volhoubaar is nie. Dit het nie die verwagte maatskaplik-ekonomiese voordele vir al die begunstigdes van grondhervorming gebied nie.”
Zuma het uitgewys dat dit onder meer teweegg ebring is deur die Departement vir Gondhervorming en Landelike Ontwikkeling se swakheid in grondbestuur, -beleid en wetgewing.
Die Groenskrif van die departement, wat in sy finale fase is, sal die nuwe beleidsraamwerk vervat en dit is ‘n omnibus van wetgewing wat alle grondverwante wette bymekaar sal bring.
Zuma het dit duidelik gestel dat “enige nuwe beleid of wetgewing in lyn met die Grondwet ontwikkel sal word” en dat dit die normale Kabinet- en parlementêre prosesse sal volg.
29 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)