|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Elke plaasaanval kan Suid-Afrika jaarliks sowat R1 932 869 per geaffekteerde plaas kos, sê die SA Kamer van Handel en Nywerheid.
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (SACCI) het sy kommer uitgespreek oor die hoë vlak van plaasaanvalle en -moorde wat in die land voorkom. Luidens ‘n verklaring kan plaasaanvalle bydra tot die druk op voedselsekuriteit in die land.
Volgens die 3,22% wat die landbou in 2009 tot die land se groeisyfer bygedra het, en met die 39 982 plase (volgens syfers van 2007) wat in die land is, het SACCI bereken dat plaasaanvalle die land jaarliks sowat R1 932 869 per geaffekteerde plaas kos. Die bedrag is bereken op grond daarvan dat ‘n geaffekteerde plaaseenheid heeltemal verloor word.
Maandeliks sowat R160 000
Volgens die verklaring sê SACCI as die geaffekteerde plase slegs vir ‘n tydperk ná ‘n aanval of moord nie produktief is nie, sowat R161 072 per plaas per maand verlore gaan.
Die SACCI sê dié syfers is ‘n konserwatiewe benadering ten opsigte van die implikasies wat plaasaanvalle op die ekonomie het. Die grootte van plase en hulle produksievermoë is uitgesluit. Die invloed van plaasaanvalle op werksekerheid, die plaaslike voedselbedryf, die sektor se vermoë om internasionaal mededingend te wees en die verskillende tipes plase en boerderybedrywe is ook nie in ag geneem nie.
Striem herstel na die resessie
Volgens SACCI plaas koste soos dié, verdere druk op die land se vermoë om van die resessie en die internasionale ekonomiese krisis te herstel. Hy meen plaasaanvalle het ‘n bedekte, maar gewigtige ongunstige impak op klein en medium sake-ondernemings.
Die kamer glo die situasie moet onmiddellik aangespreek word, nie net op morele en wetlike gronde nie, maar ook tot voordeel van die nasionale ekonomie. Die kamer is van plan om met die owerhede in verbinding te tree sodat strategieë saamgestel kan word om plaasaanvalle te verhoed.
16 Maart 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
'n Groep oud koevoete en 32 bn lede het blykbaar 'n mtskpy gestig om plaasbeveiliging te adresseer.
hoe gouer die kommandos op geroep word en weer ingestel word hoe better
Ek dink die komando moet terug gebring word
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)