’n Dapper polisieman van die Ladybrand-polisiekantoor het manalleen twee vermeende aanvallers op ’n plaas in die distrik vasgetrek.
Sers. Moeketsi Motete het Saterdag (21 Januarie 2012) uitgegaan na die plaas De Hart van mnr. Tolla Mostert waar hy teen drie vermeende aanvallers te staan gekom het. Hy het daarin slaag om twee van hulle vas te trek, berig Volksblad.
Boere in die omgewing is egter geskok dat die polisie slegs een beampte gestuur het vir só ’n voorval.
“Een is beter as niks. Daar is egter al gesê plaasaanvalle is ’n prioriteit. Vanweë die erns daarvan sal ’n mens graag wil sien dat die polisie mense daarvoor beskikbaar stel,” sê mnr. Reuter Sorour.
Sorour, wat op die plaas Uitkyk boer, was in Desember ook amper ’n slagoffer van ’n plaasaanval.
Volgens brig. Billy Jones, Vrystaatse polisiewoordvoerder, stel die polisie ondersoek in oor hoekom slegs Motete na die toneel gestuur is.
Bron: Volksblad
26 Januarie 2012
Kommentaar
Miskien is die dapper Sersant die verantwoordelike beampte vir plase in sy distrik? Plaasbeveiliging is tog orals ingestel as 'n sektor by SAPD? Belangstellende SAPD lid uit Wes Kaap
Netjies Sers Motete! Sulke positiewe werk moet gestumileer & geprys word
Reel en dring aan daarop dat hy vereer word - nie net 'n Bells.
Hoe dit ookal sy, ek haal my hoed af vir Sers. Moeketsi Motete wat tenspyte van die feit dat hy man alleen was, nogsteeds sy eie lewe ingevaar gestel het om die plaasaanvallers aan te keer! Mag die Here jou seen!
Dit is 'n baie dapper man, maar ai, daar is so baie onbeantwoorde vrae.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)