Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Ernstige-varksiekte-tref-plaas

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Ernstige varksiekte tref plaas

 
Deur JOHAN FOUCHE

Die Wes-Kaapse departement van landbou stel ondersoek in na die uitbreking van vermoedelik blou-oorsiekte (porcine reproductive and respiratory syndrome) op 'n plaas naby Kuilsrivier in die Kaapse metropool.

Tot dusver het toetse die voorkoms van die siekte op een plaas voorlopig bevestig, maar 'n finale bevestiging kan eers gedoen word as die virus wat dit veroorsaak, geïsoleer is. Nóg twee plase is as 'n voorsorgmaatreël onder kwarantyn geplaas. Bloedmonsters van hierdie plase is na Onderstepoort gestuur om die oorsprong en omvang van die siekte te bepaal. Dié plase verskaf teelmateriaal aan die plaas waarop die siekte uitgebreek het.

Dit is die eerste keer dat die siekte in Suid-Afrika voorkom. Dit kom in Europa en Amerika voor en is die eerste keer in 1987 geïdentifiseer.

Mnr. Simon Streicher, hoofbestuurder van die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, sê dit is die vernaamste varksiekte wat internasionale handel raak. Suid-Afrika het hom tot nou toe daarop geroem dat hy vry van die siekte is.

Kenmerke van die sieke in die vroeë stadium is aborsies en later voortydige geboortes, varkies wat doodgebore word, asemhalingsprobleme en varkies wat swak is. Dr. Gideon Brückner, direkteur van die Wes-Kaapse veeartsenydiens, versoek boere om dadelik hul naaste staatsveearts in te lig as hulle hierdie simptome in 'n buitengewone graad teëkom.

Brückner sê die gevaar is nie groot dat ander plase besmet kan word nie mits boere streng bioveiligheidsmaatreëls toepas en varke net van bronne koop wat 'n hoogstaande gesondheidstatus het.

2 Julie 2004

 

0
 
 
  • 1805 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Teenvoeter vir Johne
  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • VF verwerp grondbelasting
  • Jag en wild in die vroeë Kaap
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction