|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Indien Eskom se aansoek vir ‘n jaarlikse kragtariefverhoging van 35% vir die volgende drie jaar aanvaar word, sal die landbou in Suid-Afrika ten gronde gaan, sê Vrystaat Landbou.
Mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte, sê volgens ’n model van die landboumaatskappy GWK, sal so ‘n styging ‘n daling van sowat 460% in die winste van besproeiingsboere tot gevolg hê.
Vrystaat Landbou neem vandeesweek aan die openbare verhoor rakende die kragprys wat deur die Nasionale Energie Reguleerder (Nersa) in Bloemfontein gehou word, deel. Mnr. Louw Steytler, voorsitter, sal die voorlegging behartig. Vermeulen sê die dokument fokus op vier hoofpunte wat die bekostigbaarheid van die voorgestelde verhoging vir boere uitlig.
“Volgens ‘n model wat deur GWK se landboukundiges opgestel is, maak besproeiingsboere in die Oranjerivier-besproeiingsgebied tans R74 wins/ha wat verbou word. As die verhoging goedgekeur word, sal die boere egter ‘n verlies van R741/ha aanteken. Dit sal die bedryf doodmaak!”
Voedselsekuriteit bedreig
Vermeulen meen sulke verliese sal voedselsekuriteit in die gedrang bring aangesien dit vir baie boere nie meer winsgewend gaan wees om te plant en besproei nie. “Ons vra hoekom die landbou nie by die verhoging uitgesluit kan word nie. Die sektor gebruik net sowat 4% van die land se totale energieverbruik.
“Ons wil ook weet wat Eskom doen om diegene wat nie hulle kragrekenings betaal nie, aan die pen te laat ry”. Volgens Vermeulen betaal sommige besproeiingsboere kragrekenings van derduisende rand per maand, en wil hulle weet hoekom daar nie daadwerklik teen wanbetalers opgetree word nie. Hy sê as die persone ook hul rekeninge vereffen sal Eskom se inkomste aansienlik styg.
Opkomende boere gekniehalter
Luidens die voorleggingsdokument kan die voorgestelde verhoging ook grondhervorming kelder. Vermeulen sê hy weet nie hoe opkomende boere, aan wie die Regering sowat 3000 ha besproeiingsgrond wil toeken, met dié kragtariefverhogings gaan oorleef nie.
Volgens Vermeulen sal dit ook werksgeleenthede op plase in gedrang bring. Boere wat nie die mas gaan kan opkom nie, gaan werkers moet afdank, wat gemeenskappe armer gaan maak. “Ons waarsku hulle, as hulle die verhoging goedkeur gaan hulle die landboubedryf doodmaak. En dan gaan hulle huil, en dan gaan ons niks meer daaraan kan doen nie!”
Die eerste verhoor in Nelspruit plaasgevind. Die verhore sal tot volgende Vrydag duur, waarna Nersa ‘n finale besluit bekend sal maak.
12 Januarie 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Toe dit nog E.S.C / E.V.K was, was dit 'n nie wins maakende voorsiener nie. Die wins wat gemaak is was gebruik vir instandhouding en die uitbrei van die netwerk. Nou word winste ontrek en kyk nou net waar sit ons.Ek dink die ou Evkom het beter gewerk toe die mense wat bo gesit het moes deur die range werk om daar uit te kom, dus het hulle nie nodig gehad om te lieg of die publiek uit te buit nie.
Ek hoor vanoggend weer 'n propaganda advertensie vir Eskom oor die radio. Daarin word aan ons vertel dat 'dit (gaan) duur wees, maar ons almal moet betaal, want ons kinders se toekoms, en ons werke en ons eie toekoms is op die spel.' Ek wonder of die Eskom direkteure nie moet terugploeg wat hulle uit die maatskappy gehaal het nie- skielik sal daar geneog geld wees vir 'n nuwe kragstasie of twee. Ongelukkig is Eskom in die benydenswaardige posisie van monopolis, so as jy nie 'pay' nie, dan 'play' jy ook nie. Wat 'n patetiese situasie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)