Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Eskom-se-nuwe-tariewe-kan-skok

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Eskom se nuwe tariewe kan skok

 
Nico van Burick

Min mense het die onlangse inligtingsgeleenthede oor Eskom se nuwe tariefstrukture bygewoon. Moontlik is dit omdat die werklikheid van tariefaanpassings boere nog nie getref nie. Sommige boere gaan nie meer betaal nie, party selfs minder, maar op ander wag 'n skok.

Wanneer Eskom se nuwe tariefstrukture op 1 Julie in werking tree, het individuele klante wat baie elektrisiteit verbruik en mense wat hul beskikbare vermoë ten volle benut, niks te vrees nie, maar dié met seisoens- en lae verbruik, sal moet nadink.

Dit is die belangrikste boodskap wat mnr. Deon Conradie, Eskom se hoof: prysbepaling vir kragverbruikers in die landbou het.

'n Boer wat kwaai getref kan word, is byvoorbeeld 'n druiweboer langs die Oranjerivier wat 'n verkoelingsaanleg het wat net in oestyd gebruik word. Vir hom sal 'n dieselkragopwekker waarskynlik op die duur meer ekonomies wees.

Nog 'n voorbeeld is die Nampo-Oesdagplaas, waar die aanvraag slegs een keer per jaar hoog is.

Klante wat hul toevoer doeltreffend benut, sal minder betaal. Die nuwe struktuur beteken dus dat die kruissubsidie tussen klante met 'n laer en hoër verbruik onder die landelike klante ietwat verlaag is.

Veranderinge wat boere die meeste gaan raak, is die netwerkheffings wat ingestel word op die tariewe Landrate, Ruraflex en Nightsave (Rural), bestaande bruto maandelikse huurgeld vir klante op hierdie tariewe wat verlaag word met tot R900 per maand en die hoëtarief-energieblok van Landrate 1, Landrate 2 en Landrate 3 wat verdwyn. Die inkomsteverlies sal verhaal word deur die netwerkheffing.

In die geval van Ruraflex sal 371 uit die sowat 3 500 klante meer as 60 % meer betaal en in die geval van Nightsave (Rural) 307 uit bykans 5 000.

Verbruikers wat die onderskeie Landrate-tariewe betaal, sal minder of meer betaal na gelang van die verbruik. In die geval van Landrate 1 wissel dit tussen 6 % minder tot 50 % meer, by Landrate 2 van 5 % minder tot 59 % meer, by Landrate 3 van 4 % minder tot 67 % meer en in die geval van Landrate 4 is dit 4 % meer.

Die gelykbreekpunt vir verbruik teen Landrate-tariewe is soos volg:

  • Landrate 1: 2 000 kW.h per maand.
  • Landrate 2: 5 000 kW.h per maand.
  • Landrate 3: 10 000 kW.h per maand.

    Mnr. Dirk Opperman, streekbestuurder: prysbepaling in Noordwes, sê boere moet ook verder kyk as vanjaar se aanpassings. Netwerkheffings wat ingestel word, sal in die geval van Ruraflex oor drie jaar ingeskakel word en in die geval van Landrate en Nightsave (Rural) oor sewe jaar.

    "Die uitwerking van die nuwe prysstruktuur in die geval van seisoens- en lae verbruik sal dus elke jaar erger gevoel word. Dit is belangrik dat onoordeelkundige gebruikers en dié wat min elektrisiteit verbruik, met Eskom se hulp ander tariefopsies ondersoek."

    Eskom maan dat klante nie net een maand teen die ou tarief met een maand teen die nuwe tarief kan vergelyk nie. Die tariewe moet eerder oor 'n jaartydperk vergelyk word met inagneming van gemiddelde verbruik.

    Mnr. Conradie het beklemtoon dat die herstrukturering nie 'n prysverhoging is nie, maar 'n poging om Eskom se inkomste in ewewig te bring. Dit hou ook nie verband met 'n skuldinvorderingspoging nie.

    Sedert die tagtigerjare het Eskom verskeie toegewings aan boere op versoek van die georganiseerde landbou gedoen. Omdat lynkoste vir nuwe aansluitings hoog was, is Eskom byvoorbeeld in 1982 versoek om van die lynkoste in die tarief in te sluit. Dit het die tarief laat styg, maar die maandelikse huurgeld is aansienlik verlaag.

    Talle faktore bepaal elektrisiteitskoste

    Die maandelikse huurgeld betaal net 'n klein deel van die totale koste van die landelike elektrisiteitsnetwerke. Dié netwerke kos R2,4 miljard per jaar, terwyl Eskom sowat R60 miljoen per jaar in die vorm van huurgeld kry, sê mnr. Deon Conradie, Eskom se hoof: prysbepaling.

    Hy sê die werklikheid is dat landelike tariewe met 80 % tot 100 % verhoog sal moet word om al die koste te verhaal. Die totale waarde van die subsidies is R1,2 miljard, wat deur Eskom se ander klante soos groot munisipaliteite, nywerhede, die handel en huishoudelike klante betaal word.

    "Die tarief wat betaal word, moet dus verhoog en herstruktureer word om die koste van krag beter te weerspieël," sê hy.
    Die koste om krag aan 'n klant te verskaf, sluit in:

  • Die koste van kragsentrales (insluitende kapitaalkoste, water en steenkool).
  • Die koste van die transmissienetwerk wat krag na verskillende streke neem.
  • Die koste van die distribusienetwerk wat krag tot in die klant se omgewing bring.
  • Die koste van die retikulasienetwerk wat krag in die gebied inbring.
  • Die koste om 'n klant by sy naaste netwerk aan te sluit, insluitend die lyn en transformatorkorting.
  • Die koste van elektriese verliese.
  • Ondersteuningskoste, soos netwerkbeheer, instandhouding, meterlesing en administrasie.
  • Die koste van beperkte netwerkvervanging ná 25 jaar.

    Boere word só geraak

  • Die oorhoofse tarief verhoog met sowat 4 %.
  • Hoë, doeltreffende verbruik kos minder.
  • Min, ondoeltreffende verbruik kos meer.
  • Seisoengebruikers betaal meer, veral in die winter.
  • Besparing is moontlik.
  • Die toevoergrootte kan moontlik verklein word. Eskom kan die toevoergrootte teen so min as R300 verander.
  • Krag teen die Ruraflex-tarief in spitstyd in die winter is duur. Moontlik kan die lading na goedkoper tye geskuif word.
  • Groot verbruikers met verskeie rekenings kan versoek dat dit saamgevoeg word. Dit kan lei tot 'n besparing van die diensfooi.

    14 Junie

  • 5
     
     
    • 3271 keer gelees

    Geborgde skakels


    Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

    Kwaliteit Saad

    Die toekoms is in jou land

    In lyn met die boer

    MSD Animal Health

    Our brand new website

    Daaglikse nuusbrief

    Weeklikse nuusbrief

    Teken In

    • Registreer as gebruiker
    • Wagwoord vergeet?

    E-pos forum

    • Waarom is boere so stil?
    • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
    • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
    • Boom Lusern en siektes
    • Nekklamp vir beeste
    meer...

    Gewildste stories

    Vandag

    • Teenvoeter vir Johne
    • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling

    Immergroen stories

    • RSS-voere
    • E-pos foto's aan ons

    Pas gelees

    • n Miniatuur uitstalling van Rebeirao Preto .
    • Veldvarke het plek op plaas
    • Wie is ons?
    • Kontak ons
    • Gebruiksvoorwaardes
    • SMS-diens
    • RSS-voere
    • Teken in op LBW
    • LBW-argiewe
    • Vennote

    Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

    Web Development by FormFunction