|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Min mense het die onlangse inligtingsgeleenthede oor Eskom se nuwe tariefstrukture bygewoon. Moontlik is dit omdat die werklikheid van tariefaanpassings boere nog nie getref nie. Sommige boere gaan nie meer betaal nie, party selfs minder, maar op ander wag 'n skok.
Wanneer Eskom se nuwe tariefstrukture op 1 Julie in werking tree, het individuele klante wat baie elektrisiteit verbruik en mense wat hul beskikbare vermoë ten volle benut, niks te vrees nie, maar dié met seisoens- en lae verbruik, sal moet nadink.
Dit is die belangrikste boodskap wat mnr. Deon Conradie, Eskom se hoof: prysbepaling vir kragverbruikers in die landbou het.
'n Boer wat kwaai getref kan word, is byvoorbeeld 'n druiweboer langs die Oranjerivier wat 'n verkoelingsaanleg het wat net in oestyd gebruik word. Vir hom sal 'n dieselkragopwekker waarskynlik op die duur meer ekonomies wees.
Nog 'n voorbeeld is die Nampo-Oesdagplaas, waar die aanvraag slegs een keer per jaar hoog is.
Klante wat hul toevoer doeltreffend benut, sal minder betaal. Die nuwe struktuur beteken dus dat die kruissubsidie tussen klante met 'n laer en hoër verbruik onder die landelike klante ietwat verlaag is.
Veranderinge wat boere die meeste gaan raak, is die netwerkheffings wat ingestel word op die tariewe Landrate, Ruraflex en Nightsave (Rural), bestaande bruto maandelikse huurgeld vir klante op hierdie tariewe wat verlaag word met tot R900 per maand en die hoëtarief-energieblok van Landrate 1, Landrate 2 en Landrate 3 wat verdwyn. Die inkomsteverlies sal verhaal word deur die netwerkheffing.
In die geval van Ruraflex sal 371 uit die sowat 3 500 klante meer as 60 % meer betaal en in die geval van Nightsave (Rural) 307 uit bykans 5 000.
Verbruikers wat die onderskeie Landrate-tariewe betaal, sal minder of meer betaal na gelang van die verbruik. In die geval van Landrate 1 wissel dit tussen 6 % minder tot 50 % meer, by Landrate 2 van 5 % minder tot 59 % meer, by Landrate 3 van 4 % minder tot 67 % meer en in die geval van Landrate 4 is dit 4 % meer.
Die gelykbreekpunt vir verbruik teen Landrate-tariewe is soos volg:
Mnr. Dirk Opperman, streekbestuurder: prysbepaling in Noordwes, sê boere moet ook verder kyk as vanjaar se aanpassings. Netwerkheffings wat ingestel word, sal in die geval van Ruraflex oor drie jaar ingeskakel word en in die geval van Landrate en Nightsave (Rural) oor sewe jaar.
"Die uitwerking van die nuwe prysstruktuur in die geval van seisoens- en lae verbruik sal dus elke jaar erger gevoel word. Dit is belangrik dat onoordeelkundige gebruikers en dié wat min elektrisiteit verbruik, met Eskom se hulp ander tariefopsies ondersoek."
Eskom maan dat klante nie net een maand teen die ou tarief met een maand teen die nuwe tarief kan vergelyk nie. Die tariewe moet eerder oor 'n jaartydperk vergelyk word met inagneming van gemiddelde verbruik.
Mnr. Conradie het beklemtoon dat die herstrukturering nie 'n prysverhoging is nie, maar 'n poging om Eskom se inkomste in ewewig te bring. Dit hou ook nie verband met 'n skuldinvorderingspoging nie.
Sedert die tagtigerjare het Eskom verskeie toegewings aan boere op versoek van die georganiseerde landbou gedoen. Omdat lynkoste vir nuwe aansluitings hoog was, is Eskom byvoorbeeld in 1982 versoek om van die lynkoste in die tarief in te sluit. Dit het die tarief laat styg, maar die maandelikse huurgeld is aansienlik verlaag.
Talle faktore bepaal elektrisiteitskoste
Die maandelikse huurgeld betaal net 'n klein deel van die totale koste van die landelike elektrisiteitsnetwerke. Dié netwerke kos R2,4 miljard per jaar, terwyl Eskom sowat R60 miljoen per jaar in die vorm van huurgeld kry, sê mnr. Deon Conradie, Eskom se hoof: prysbepaling.
Hy sê die werklikheid is dat landelike tariewe met 80 % tot 100 % verhoog sal moet word om al die koste te verhaal. Die totale waarde van die subsidies is R1,2 miljard, wat deur Eskom se ander klante soos groot munisipaliteite, nywerhede, die handel en huishoudelike klante betaal word.
"Die tarief wat betaal word, moet dus verhoog en herstruktureer word om die koste van krag beter te weerspieël," sê hy.
Die koste om krag aan 'n klant te verskaf, sluit in:
Boere word só geraak
14 Junie
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24