Deur ALANI JANEKE
23 Mei 2012

1844 keer gelees | 9 kommentaar

Geen bedryf in Suid-Afrika kan Eskom se jongste voorstel van ‘n 50% styging in die kragprys oor vyf jaar oorleef nie, sê Agri SA.


Geen bedryf in Suid-Afrika kan Eskom se jongste voorstel van ‘n 50% kragprys styging oor die volgende vyf jaar oorleef nie, sê Agri SA.

Luidens ‘n berig op Sake24.com het mnr. Paul O’Flaherty, Eskom se finansiële hoof, dié aankondiging in die Parlement gemaak.

Hy het ná ‘n voorlegging aan die protefeuljekomitee vir openbare ondernemings gesê dié voorstel beteken dat kragpryse van 60c per kilowatt-uur (kWh) tot 90c per kWh sal moet styg.

O’Flaherty sê dié verhoging is nodig om die skuld wat die kragreus vir die oprigting van nuwe kragstasies aangegaan het, te delg. Eskom is van plan om in Julie vanjaar weer vir stewige tariefverhogings aansoek te doen.

Kleiner styging
Die Nasionale Energiereguleerder, Nersa, het vroeër die jaar ‘n kragprysverhoging van 16% aan Eskom toegestaan. Die kragvoorsiener het vir ‘n 25,9% verhoging aansoek gedoen, maar kon dié laer verhoging hanteer weens die R8 miljard wins wat hy gemaak het.

In Maart 2011 het O’Flaherty gesê sowat R300 miljard is nodig vir nog bouwerk aan kragstasies. Hy het Dinsdag gesê tot Maart vanjaar is R180 miljard se finansiering bekom.

Insetkoste vir besproeiingsboere
Mnr. Dawie Maree, ekonoom vir Agri SA, sê: “Geen boer, geen bedryf, geen verbruiker of verwerker kan tans só ‘n verhoging bekostig nie.” Hy sê minimale kragkostes is tans sowat 25% van ‘n besproeiingsboer se insetkoste. Met só ‘n verhoging sal krag die helfte van ‘n besproeiingsboer se insetkoste uitmaak.

Maree sê die organisasie sal alles moontlik van sy kant af doen om seker te maak die landboubedryf se saak word voor Nersa gestel wanneer die nuwe verhogingsaansoek aangehoor word. Verder is die organisasie tans in die proses om deur middel van die Departemente van Landbou en Energie en die Landboubemarkingsraad ‘n voorlegging aan die Kabinet, wat verligting vir boere met kragpryse vra, voor te berei.

23 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Johann J Lemmer

2012/05/25 11:12:00 AM

Private elektrisiteit verskaffers behoort nou maklik op die been te kom. Ek glo dat baie boere gemeenskappe selfvoorsienend kan wees of dat private elektrisiteits voorsiening maatskappye gestig kan word. Moenie altyd na die groot duur oplossings kyk nie. Daar is baie goedkoper krag opwekkings metodes. Ons kan daarvan gebruik begin maak. "n Boer het nog altyd 'n plan gemaak. Hoekom hom nou aan die neus laat lei?


Onbekende besoeker

2012/05/24 09:52:24 PM

Kyk maar hoe ry eskom se mense met eskom voertuie die hele wereld vol,word as publieke vervoer gebruik. Vroeer jare het dit nie gebeur,jy moes op eie stoom by die werk kom. Niemand se elektrieseteit word meer af gesny nie,jy maak blykbaar net n reeling. Ons betaal vir al die vermorsing en nie betaalers.


gideon1

2012/05/24 07:12:49 AM

Hulle is van looitjie getik werk nou al die lyn huur 'service charges' en al hulle ander belaglike kostes in en kyk waar kom ons alreeds uit per kilowatt huur meer nader aan R 1.50 per eenheid as 90 c


Onbekende besoeker

2012/05/24 04:18:53 AM

Dit gaan nie meer vir my verkeerd wees as die mense krag steel nie want die mense aan die bestuur wat nie hulle feite reg het nie se salarisse word seker ook meer , steel en moenie slegvoel nie dit is soos ons behandel word , n oog vir n oog


Roeks Griessel

2012/05/23 08:32:50 PM

Stem saam en dan is daar nofg die kwessie. Ek is van meening dat elke huishouding se eerste 50kwh gratis is. By vooraf betaalde meters kry mens die eerste 50kwh elke maand gratis, so ook waar maandeliks vir krag betaal moet word. Ek is van mening dat dit 'n grondwetlike ding is, maar op die plaas waar ons direkte Eskom krag kry is daar geen sprake van die 50kwh nie. Ons betaal ook 79sent per kwh wat meer is as wat mens in die dorp betaal plus ons moet die R980pm network en diens betaal. Om dit verder te neem het ons werkers huise op die plaas met families wat ek reken moet dan ook elk 50kwh maandeliks gratis kry as hulle basiese reg. Ek het al met Eskom probeer praat en die ombudsman, maar niemand antwoord mens nie. Wat is die situasie en wat kan gedoen word. Roeks Griessel 0823300646


Gerhardus van der Merwe

2012/05/23 07:33:38 PM

Is almal dan blind? Kan ons nie sien dat hulle nie ons grond gaan vat soos Mugabe nie,maar ons so gaan verarm dat ons moet oorgee en stop om te boer.Die Anc is vol slim manne wat net een doel het om die boer van sy grond af te werk.


Onbekende besoeker

2012/05/23 05:44:31 PM

Laat die lokasie inwoners begin om krag te betaal dan kan Eskom se CEO nogsteeds sy blink kar ry!!


Butch van blerk

2012/05/23 04:12:48 PM

Mnr Maree - Agri SA kan nou vir ons wys hoeveel guts - hy het - een jaar terug is massiewe berdog/korrupsie deur die vrou wat hul woordvoerder is , uitgewys en aan die owerhede gerapporteer - baie het blykbaar te doen gehad met bedrog en korrupsie met die sluiting van kontrakte . Geen haan het nog daaroor gekraai nie. verder is daar aanduidings dat van eskom se personeel hopeloos/skokkend oorbetaal word. Ek is nie bereid om as 'n landbouer vir bedrog en korrupsie te betaal nie. Verder gebruik hulle onopgeleide personeel om turbines op te blaas waarvan die herstelkoste VOLGENS HULLE R1.3 miljard bedra. Ek glo hulle geensins en aanvaar eerder dat dit 3 x keer meer sal kos. Die punt wat ek wil beklemtoon , is dat ons hier met NOG 'N ETOL opgesaal sit wat die belastingbetaler berieg. Hierdie is nou die tipiese voorstel wat weer eerder deur 'n HOF oorweeg moet word, voordat die verbruiker uitgawes van R1.20 moet betaal op elke Rand wat hy verdien. Ek kan op geen manier genoee neem met hierdie slenter nie. Hulle kan nie hulle onderneming bestuur nie en verwag van die publiek om hulle gemors te finansier. As ons forums nie hierdie optrede beveg nie, weet ons almal dis nag vir landbou.


Onbekende besoeker

2012/05/23 02:05:47 PM

Is hulle nou belaglik.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights