|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 13:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 72% |
| Wind: |
Die Franse regering het die ontginning van skaliegas verbied ná sterk teenkanting van omgewingsgroepe.
Luidens ‘n berig in Volksblad (10 Oktober 2011) volg dié stap na twee maatskappye, die Franse Total en die Amerikaanse Schuepbach, toestemming ontvang het om in die suide van dié land vir skaliegas te prospekteer.
Me. Nathalie Kosciusko-Morizet, dié land se minister van omgewingsake, het volgens berigte bekend gemaak dat sy dié toestemming terugtrek. Die land se parlement het in Junie vanjaar ‘n wetsontwerp aanvaar wat die ontginning van skaliegas met behulp van hidroliese breking verbied.
Glo ongeloofwaardig
Maatskappye het glo twee maande tyd gekry om te bewys dat hulle ander, meer aanvaarbare metodes sou gebruik. Die minister sê die twee maatskappye se voorleggings was ongeloofwaardig, derhalwe is hulle permitte gekanselleer.
Skaliegas word wel op 61 ander plekke in Frankryk gesoek, maar omdat hidrouliese metodes nie gebruik word nie, mag die soektogte voorlopig voortgaan.
Die ontginning van skaliegas in Suid-Afrika sorg tans vir groot onenigheid tussen die olie-reus, Shell, omgewingsgroepe en inwoners van die Karoo.
Verbod onnodig in EU
Intussen berig News24.com dat mnr. Connie Hedegraad, die Europese Unie se hoofbeampte op die gebied van klimaatsverandering, Vrydag (7 Oktober 2011) gesê het nog geen behoefte bestaan om dié mynmetode in dié lande te verbied nie. “Ek sal nie ‘n moratorium oorweeg gebaseer op dit wat ek tot dusver gehoor het nie,” het hy aan die blok se media in Brussels, België, gesê.
Pole is glo ‘n groot voorstander van die tegnologie van hidroliese breking, want hulle reken dat die bykomende bronne van gas wat so ontgin word, die EU minder afhanklik van gas-invoere van Rusland sal maak.
Volgens Hedegraad kan die EU “nie bekostig om nee te sê” vir tegnologie wat steeds by ‘n vroeë stadium van ontwikkeling is nie, en hy sê die uitdagings rondom die tegnologie moet eers oorkom word voordat dit op ‘n wye skaal geïmplementeer kan word.
Bronne:
Volksblad.com
News24.com
10 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Onthou dat SLEGS die 3 maatskappye wat na skaliegas wou eksploreer m.b.v. hidrobreking se permitte gestop is. Die ander 61 maatskappy wat na skaliegas eksploreer se soektog gaan aan. Onthou dat politici jakkalse is: volgende jaar is Franse Presidentsverkiesing en die Groen Party daar het baie invloed. Ek verwag dat Sarkozy na die verkiesing weer sal toelaat dat daar met fracking na gas gesoek kan word. Frankryk kry meer as 90% van hulle gas vanaf ander lande en boonop het hulle 58 kernkragsentrales wat in 75% van hulle krag voorsien. As die gasprys gaan styg, sal ook Frankryk gou hulle storie vernader. Terloops, in die suide van Frankryk waar die 3 permitte teruggetrek is, is daar karstgeologie ondergronds wat 'n wesentlike gevaar inhou vir enige boorwerk.
Hopenlik volg Suid Afrika ook die Franse om skaliegas ontginning te verbied. Kyk wat het gebeur in Beaufort Wes en dit was net lekkasies uit Petrolstasies se ondergrondse tenke as die ontginning voortgaan gaan alle ondergrondse water onbruikbaar wees vir enige lewedige organisme ons kan dan ons motors uit die kraan volmaak
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)