G8-lande sal hul fokus van voedselhulp na landboubelegging verskuif om die wêreldwye voedselkrisis in die bek te ruk.
G8-lande sal hul fokus van voedselhulp na langtermyn belegging in die landbou verskuif om die wêreldwye voedselkrisis in die bek te ruk. Dié groep kom vandeesweek bymekaar en leiers sal, volgens The Telegraph, meer as $12 miljard oor die volgende drie jaar vir belegging in landbou-ontwikkeling waarborg.
“Die uitwerking van langdurige onderbelegging in die landbou en voedselsekerheid, prystendense en die ekonomiese krisis het tot groter hongersnood gelei. Voedselsekerheid is verwant aan ekonomiese groei en sosiale vooruitgang, sowel as aan politiese stabiliteit,” sê die G8.
“Ons eerste reaksie was vir te lank om noodgedwonge voedselhulp te verskaf wanneer toestande op hul ergste is,” sê me. Hilary Clinton van die Amerika. “Dit red wel lewens, maar dit spreek nie die oorsake van die hongersnood aan nie. Dit is slegs ‘n kort-termyn oplossing.”
Bron:
The Telegraph
6 Julie 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)