Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Gauteng-water-erg-besoedel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 13:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:72%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Gauteng-water erg besoedel

 
Deur ALANI JANEKE

Inwoners van die Mafube- en Dihlabeng-munisipaliteit in die Oos-Vrystaat is bekommerd oor beweerde rioolstortings in riviere wat water aan Gauteng voorsien.

Mnr. Danie Eichstädt, voorsitter van die Dihlabeng-inwonersvereniging, sê hulle is veral bekommerd oor riool wat vanaf Paul Roux, Clarens, Bethlehem en Fouriesburg in die Liebenbergsvleirivier beland. Die Liebenbergsvleirivier is een van die hoofare van die Asrivier, wat water vanaf die Katzedam in Lesotho na Gauteng lei.

Eichstädt sê onlangse toetse van die water op Paul Roux het aangedui dat die telling van skadelike organismes in dié water 1 300 per 10 ml is, terwyl die norm 100 per 10 ml is. Hy sê daar is ook ’n hoë telling van skadelike organismes in Clarens se water gekry.

Toetse wat op Bethlehem en Fouriesburg se water gedoen is, dui aan dat die dorpe se watersuiwerheid aan nasionale standaarde voldoen. “Rioolwater van Bohlokong buite Bethlehem loop egter onder die Sol Plaatjie dam in die Liebenbergsvleirivier in.”

Die vereniging het sowat twee maande gelede die Dihlabeng-munisipaliteit gevra om ’n oudit op al hulle rioolpompstasies te laat doen om vas te stel of alles in orde is. Eichstädt sê hulle het nog geen terugvoer daaroor vanaf die munisipaliteit gekry nie.  “Ons wil net die besoedeling voorkom van die water wat van ons af na Gauteng gelei word.”

Blou Skerpioene ondersoek
Intussen is die inwoners van die Mafube-munisipaliteit ook ontevrede omdat rioolwater van Frankfort en Villiers, ondanks ’n hofbevel daarteen, glo steeds in die Vaal- en Wilgerivier ingepomp word.

Mnr. Pieter van der Westhuizen, voorsitter van die Mafube-aksiegroep, sê die hof het die afgelope jaar bevind dat die munisipaliteit alle stortings in die riviere moet staak, maar daar is teen die uitspraak geappelleer en die storting gaan glo steeds voort. 

“Die Blou Skerpioene het vanjaar ook die saak ondersoek. Mnr. Dirk den Boon, ’n forensiese kundige, het bevind dat daar 29 000 skadelike organismes per 1 000 ml in Villiers se water voorkom, terwyl die aanvaarde aantal skadelike organismes 450 per 1 000 ml mag wees”.

Van der Westhuizen sê hy is van plan om volgende jaar ’n onafhanklike ingenieur aan te stel om te kyk of die dorpe se rioolstelsels aangepas word by die residensiële uitbreidings wat die munisipaliteit toelaat.

Landbou.com het nog geen terugvoering oor navrae by die munisipaliteite ontvang nie.

17 Desember 2009

4
 
 
  • 3631 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Frik Faure
27 Jul 2010 08:56

Is ons regtig bekommerd? Ek kyk soms met verstomming na die antwoorde wat gegee word vir oplossings. Ons water krissis is gebore oor n tydperk van jare, die antwoord is nie n oplossing van oornag nie. Gewoontes sal verander moet word! Leiers sal moet lei by wyse van voorbeeld!
My grootste onsekerheid is.... is die oplossing in bestaande tegnologiee, of moet ons beweeg na ander tegnologiee wat reeds eeue al reeds gebruik word maar vervang is deur kits oplossings?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Dag 10 18/08/2008
  • Samic en voedselveiligheid
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction