Deur ALANI JANEKE
25 Mei 2012

798 keer gelees | 1 kommentaar

Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie aangeteken nie.


Die staat het geen rekord van hoeveel grond tans deur swart kommersiële boere besit word nie, want ras word nie deur die Aktekantoor aangeteken nie.

Dié bekentenis is deur mnr. Mdu Shabane, direkteur-generaal van die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, in die Parlement gemaak.

Luidens ’n berig in Beeld het Shabane dit die afgelope week aan die betrokke parlementêre portefeuljekomitee erken. Die gebrekkige statistiek is ’n gevolg van die nie-rassige vertrekpunt van die Grondwet.

Shabane het deurgeloop onder kritiek van mnr. Athol Trollip, verteenwoordiger van die Demokratiese Alliansie (DA). Trollip het Shabane gekap oor die departement se gereelde bewering dat bitter min grond in die hande van swart boere is.

Volgens Shabane kan hulle slegs bepaal hoeveel grond in swart besit is met behulp van die aantekeninge oor grond wat deur middel van grondhervorming aan gemeenskappe gegee is.

Opnames
Intussen gaan grondopnames deur ander instansies voort. Mnr. Dawie Maree, senior ekonoom vir Agri SA, sê hul opname vorm deel van die HUB-forum (Hoof uitvoerende bestuursforum) se opname.

Hy sê sowat 40% van Kwanalu se opname oor KwaZulu-Natal se grondbesit is afgehandel. Ander provinsies gaan met die proses voort. Die opname is gegrond op data en statistiek wat van boereverenigings verkry word. “Boereverenigings is die beginpunt, omdat dit vir hulle maklik is om statistiek in hul omgewings te verifiëer.”

Bron: Beeld

25 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/05/25 09:20:28 PM

Hulle speel die rassekaart op alle gebiede, maar as hulle sien dit gaan hulle byt trek hulle net skouertjies op. So, daar word aannames gemaak oor grondbesit waarvoor daar geen stawende feite is nie? Wel, dis seker heel aanvaarbaar vir die ANC.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights