Sluit aan by Landbou.com se derde landboutoer na Argentinië: Dié keer is die fokus op geenbewerking.
Verskeie plase wat dié praktyk met welslae toepas, is op die program.
Die toerdatums is van Sondag, 19 September tot Woensdag, 29 September. Pryse en kontakbesonderhede word in die PDF-dokument hieronder verskaf.
Van die hoogtepunte van die toer is ‘n besoek aan die Geenbewerking-Assosiasie van Argentinië, waarna die toergeselskap verskeie plase sal besoek wat geenbewerking-praktyke met welslae toepas. ‘n Besoek aan die Agrometal-fabriek wat werktuie vir geenbewerking vervaardig, is ook op die program, sowel as ‘n besoek aan die graan-uitvoerhawe in Rosario, wat ‘n groot gedeelte van Argentinië se sojabone-oes uitvoer.
Voorliefde vir beesvleis
Hoewel Argentinië se graanproduksie heelwat groter as dié van Suid-Afrika is, is dié land veral bekend vir sy beesvleis, en Argentyne se voorliefde vir steak. Die toerlede sal hulle kan verkyk in die Liniers-beesmark in Buenos Aires, waar tot 10 000 beeste per dag onder die hamer kom.
Van die hoofsentra wat die toer sal aandoen, is Buenos Aires, Rosario, San Luis in die weste van die land en terug na Buenos Aires. Hiervandaan vlieg die groep na die Iguazu-watervalle tussen Argentinië en Brasilië, voordat die geselskap weer terugkeer na Buenos Aires om die vlug na Suid-Afrika te haal.
Die toerleier is Hendrik Jordaan van Laurik International, 'n konsultasiebesigheid vir besigheidsbelange in Argentinië. Al die reisreëlings word deur Boland Travel in die Paarl gehanteer.
Die volledige reisprogam is in die aangehgte PDF-dokument hieronder aangeheg. Kontakbesonderhede is hieronder, maar ook in die PDF-dokument:
29 Mei 2010
Kommentaar
daar in die reitz distrik is daar n spruit wat jare gelede kuile genoem is. na baie donderstorms is die kuile oopgeruk en het verdwyn - die gevolg van reenwater wat nie in die grond weggesyfer het. ons boere het maar altyd van ploeg gehou, en dalk voel ons dat geenbewerking gyppo is - dit voel asof ons nie ons deel gedoen het vir die oes.
met geenbewerking spaar jy brandstof, arbeid en jou trekkers werk ligter. wat ek sien die mense nie noem oor geenbewerking is dat die voordele is groot, onder andere as die koring stoppels en hulle wortels verrot in hul oorspronklike posisies dan dien daardie as kanale om die grond te ventileer -dit word kompos met die tyd en die reenwater dring die grond beter binne deur die lugpypies wat deur die wortels gelaat word - min of meer die werk wat erdwurms doen wanneer hulle die grond ventileer met al hulle perforasies. Na n paar jaar van opgehoopte organiese plante sal jy werklik die vrugte daarvan pluk. as julle tyd neem om julle trekkeronkoste en dieselonkostes van die afgelope tyd te ontleed, sal julle sien dat ingeval geen bewerking nie so n hoe opbrengs verskaf, as wat julle hoop, spaar julle baie, die risikos verlaag en bereken die landbankrente oor alle onnodige onkoste oor al die jare.
boonop kan een planter, wat ek moet erken aan die duur kant is, gehuur word, en hy plant vir vier of vyf boere, en jyt minder werkers, onkostes of trekkers wat breek. in argentinie in cordoba pas hulle geen bewerking toe 100% - so boere selfs verhuur hul saaigrond en spandeer hulle tyd aan ander projekte soos varke, hoenders ens. Myne is maar net n opinie, baie sal nie saamstem, maar dit werk vir baie mense
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)