Global Green-program bekend

 

Sluit by ‘n “groener” revolusie aan deur produkte en dienste aan te bied vir ‘n beter omgewing en gesonder bevolking, is deur genooide sprekers by die onlangse SAPCA PestBiz-konferensie beklemtoon.

Die konferensie is in Bloemfontein gehou, waar die nuwe Global Green-program aan afgevaardiges van Suid-Afrika bekendgestel is. Die Global Green-program verseker kopers die produk wat hulle koop is “groen” en dat dit aan streng vereistes voldoen is.

Mnr. Andy Architect, van die Amerikaanse nasionale plaagbestuur-vereniging (NPMA), sê die Global Green-inisiatief is die mees konserwatiewe aanslag om ‘n voorkomings-gebaseerde plaagbestuurdiens te verskaf. “SAPCA was een van die sterkste verenigings van sy soort ter wêreld.”

Hy het Suid-Afrika beloof dat hy Amerika se voorbeeld gevolg het om Global Green-plaagbeheer aan te neem en die vereniging bedank dat hy die Suid-Afrikaanse plaagbeheerbedryf by dié van oorsee aangesluit het.

Mnr. Mark Enslin, Voorsitter van die Suid-Afrikaanse  Plaagbeheervereniging, sê die vervaardigers van plaagdoders ontwerp meer teiken-spesifieke materiale om die omgewingsrisiko te verminder, waar plaagbeheerders ‘n meer integreerde plaagbestuur aanslag implementeer.

SAPCA sal die Global Green-program in Afrika bestuur en gaan versekerde Global Green-maatskappye oudit om te verseker hulle hou by die beginsels. ‘n Lys van ledemaatskappye is beskikbaar op die webwerf www.globalgreenza.com.

3 September 2010

4
 
 

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.