Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Goedkoop-sonpanele-dalk-gou-hier

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Goedkoop sonpanele dalk gou hier

 
ANDRIES GOUWS (agouwss@landbou.com)

Die wêreld se voorste vervaardiger van sonpanele gaan Suid-Afrikaanse tegnologie gebruik om goedkoop sonpanele te maak. Dié panele sal waarskynlik vroeg in 2007 op die wêreldmark beskikbaar wees. 'n Soortgelyke aanleg word egter steeds vir Suid-Afrika beoog.

Die huiwering van Suid-Afrika se groot beleggers om goedkoop sonpanele hier te vervaardig, het daartoe gelei dat dié panele nou in Duitsland gemaak gaan word. Dié tegnologie is egter nie vir Suid-Afrika verlore nie, want die ooreenkoms bepaal dat 'n soortgelyke aanleg ook hier opgerig kan word.

Suid-Afrikaanse verbruikers wag die afgelope tyd ongeduldig op die nuwe sonpanele wat goedkoper en doeltreffender as die konvensionele sonpanele sal wees, sê prof. Vivian Alberts van die departement fisika aan die Universiteit van Johannesburg.

Hy was aan die spits van die navorsing wat gelei het tot die metode om 'n dun lagie van 'n allooi van koper, indium, gallium, selenium en swael deur middel van vakuumtegnologie en 'n diffusieproses op 'n glassubstraat vas te lê.

Dié aktiewe lagie van 'n mikron dik het die vermoë om sonenergie beter te absorbeer as 'n laag silikon (wat in konvensionele sonpanele gebruik word) van 350 mikron dik.

Toe dié deurbraak begin verlede jaar bekend geword het, was dit Alberts se visie dat 'n konsortium Suid-Afrikaanse beleggers 'n aanleg in die land sou oprig en dat sonpanele nou al vervaardig sou word.

Hoewel die beleggers baie opgewonde was oor dié moontlikheid, was hulle huiwerig om geld daarvoor te bewillig omdat hulle geen nywerheidservaring gehad het waaraan die nuwe tegnologie, prosesse en sakeplan wat toe op die tafel was, geëvalueer kon word nie.

Dit het weliswaar die vervaardigingsproses vertraag, maar die ontwikikeling van 'n loodsaanleg by die universiteit het volgens plan verloop. Dit is nou ten volle in bedryf en sonpanele word daar vervaardig.

Dié sonpanele kan egter nie verkoop word nie omdat die aanleg gebou is met staatsgeld uit die nasionale innovasiefonds met die doel om die haalbaarheid van al die prosesse te toets en te demonstreer, wat baie geslaag gedoen is.

"Ons het ook samewerkingsooreenkomste gesluit met Duitse ondernemings wat vir ons apparaat vervaardig en waarmee ons in projekspanne saamwerk om die tegnologie ten beste te ontwikkel.

"Die loodsaanleg hier en die apparaatvervaardiger se geriewe in Duitsland word nou gebruik om al die prosesse te optimaliseer. Só word kommersiële produkte al in hul laboratoriums getoets wat die risiko's vir beleggers verminder," sê Alberts.

Die grootste ontwikkeling nou is dat die universiteit in Augustus 'n lisensiëringsooreenkoms met die Duitse maatskappy Ideas for Energy (IFE) aangegaan het om 'n aanleg van 25 megawatt in Duitsland op te rig wat teen einde aanstaande jaar in bedryf sal wees en wat sowat 50 miljoen euro sal kos.

Die IFE maak al 25 jaar lank sonpanele. Hy is een van die grootste vervaardigers ter wêreld en sy Aleo-panele met 'n silikonkern is van die bekendste wêreldwyd.

Onderhandelings met 'n ander Duitse onderneming vir die oprigting van nog 'n aanleg is ver gevorder en behoort eersdaags beklink te word. Die ooreenkomste is só gesluit dat Suid-Afrikaanse beleggers nou betrokke kan wees by die ontwikkeling van die projek in Duitsland met die uitdruklike voorwaarde dat só 'n nywerheid ook in Suid-Afrika gevestig kan word.

In die proses is die grootste mededingers nou as vennote betrek. Die feit dat die voorste vervaardigers van silikonpanele bereid is om groot beleggings in die nuwe tegnologie te maak, bewys dat hulle glo dié nuwe tegnologie is nie net lewensvatbaar nie, maar ook beter as die oue, sê Alberts.

Daarby hou dit die voordeel in dat die tegnologie nou internasionaal gekommersialiseer gaan word met die rugsteun van enorme kundigheid en 'n reuse verspreidings- en bemarkingsnetwerk.

Omdat die Duitse regering groot subsidies aan sulke ondernemings gee (sowat 45 % van hul oprigtings- en vervaardigingskoste) is dit ook finansieel sinvol om die tegnologie in Duitsland te kommersialiseer en dit dan na Suid-Afrika oor te dra.

Die verwagting is dat die Suid-Afrikaanse regering soortgelyke voordele daar sal stel om te voorkom dat die tegnologie net in die buiteland gevestig word en die sonpanele dan ingevoer moet word. Dit is baie moeilik om enige belegger te oorreed om só 'n aanleg te bou as dit hier twee keer duurder is as in Duitsland.

Die ooreenkoms lui egter dat as die Duitse ondernemings, waarin Suid-Afrikaanse beleggers 'n aandeel sal hê, besluit om nie 'n aanleg hier te kom oprig nie, kan die universiteit 'n lisensie aan 'n nuwe vennoot toeken om dit hier te doen.

Met die ondervinding wat in Duitsland opgedoen word en omdat enige probleme daar uitgestryk kan word, sal sulke aanlegte met aansienlik minder risiko in Suid-Afrika gevestig en die tegnologie vinnig na Afrika oorgedra kan word.

As dit nie gebeur nie en die panele word net in Duitsland vervaardig, is die geprojekteerde koste van die panele in ooreenstemming met die projeksies wat Alberts gemaak het. Volgens die kostemodel van die Duitse onderneming sal die panele van 1 euro tot 1,3 euro per watt kos teenoor die 4 euro tot 5 euro per watt wat konvensionele sonpanele nou daar kos.

Dit is egter noodsaaklik dat Suid-Afrikaanse beleggers ook werklik by die ontwikkeling in Duitsland betrokke raak, anders sal die Duitse ondernemings nie hul kundigheid en ondervinding met Suid-Afrikaners uitruil nie. "Deur daar betrokke te raak, kry ons toegang tot al die tegnologie en ervaring wat beskikbaar is. Die apparaatvervaardigers en materiale is alles byderhand en die aanleg word in die sentrum met die modernste tegnologie beskibaar gebou.

"Terselfdertyd sal daar onmiddellik teen die wêreld se bestes in die energiebedryf meegeding word. Die mededinging gaan weliswaar straf wees, maar die mark waarin meegeding word, is enorm.

"Die prentjie van ons verwagtings het dus nou verander, maar ek glo dit was 'n verandering ten goede. Hoewel dit nou effens langer duur voordat die produkte beskikbaar word, is daar 'n groter waarborg dat dit 'n werkbare stelsel sal wees, want dit sal 'n stelsel wees wat deur internasionale kenners geëvalueer en werkbaar bewys is," sê Alberts.

Die aanleg behoort teen einde aanstaande jaar in bedryf te wees en as 'n mens nog ses maande toelaat om die doelwitte van doeltreffendheid te bereik, behoort die kommersiële sonpanele vroeg in 2007 beskikbaar te wees.

Dit is moeilik om te voorspel wanneer en of 'n aanleg in Suid-Afrika opgerig gaan word. Van die land se voorste geldreuse is betrokke en as hulle tevrede is dat die aanleg in Duitsland geslaag werk, kan hulle binne maande met die oprigting van 'n aanleg hier begin. Dit is ook moontlik dat hulle so tevrede met hul belegging in Duitsland is, dat hulle besluit om daar betrokke te bly.

Dit sal egter jammer wees as sulke voortreflike tegnologie wat in Suid-Afrika ontwikkel is, vir die land verlore gaan.

Intussen gaan die navorsingswerk in die departement fisika aan die universiteit voort. Navorsingspanne werk onverpoos om dié tegnologie verder te verbeter, nuwe tegnologie te ontwikkel en ondersteunende stelsels te skep om die tegnologie makliker en beter benutbaar te maak, sê Alberts.

25 November 2005

2
 
 
  • 1953 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • SA en Australië deel SKA-projek
  • Swak rand steun wolmark
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction