|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 14:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 68% |
| Wind: |
Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerende hoof van die Meulenaarskamer, is as die nuwe uitvoerende hoof van Graan SA aangestel.
Luidens ‘n verklaring sal De Villiers dr. Kobus Laubscher opvolg, nadat Laubscher aangedui het dat hy uit die pos gaan tree omdat hy vanjaar die verpligte aftree-ouderdom van 60 bereik.
Mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Graan SA, het dié aankondiging Dinsdag (1 Februarie), gemaak.
Gerespekteerde leier
De Villiers word as ‘n gerespekteerde leier in die graanbedryf beskryf, wat ook ‘n belangrike rol kan speel in die skakeling met die Regering.
Die organisasie se jaarkongres is ‘n belangrike gebeurtenis, derhalwe is besluit dat De Villiers reeds op 1 Maart (die kongres vind plaas op 9 en 10 Maart) by Laubscher sal oorneem. Hy sal dus deel wees van die kongres asook die besluite wat daar geneem gaan word.
Kyk gerus vir ‘n aktuele artikel en nuusberig oor die aanstelling in Landbouweekblad se uitgawe van 11 Februarie 2011.
2 Februarie 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Ja dis onder sy leiding dat die koringboere so minder geword het. Al die reels en beperkinge wat gekom het uit die meulenaarbedryf het die koringboere se winsgewendheid erg laat daal. Hoop hy eet die brood van die een wat hom nou gan voer.
Indien de Villiers by die meulenaarskamer bedank, sal dit een van GSA se beste aanstellings ooit wees.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)