Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Groenskrif-dalk-julie-voorgel

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:7 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 14:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:68%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Groenskrif dalk in Julie voorgelê

 
Deur ALANI JANEKE

Die Groenskrif oor landelike ontwikkeling en grondhervorming gaan moontlik vandeesmaand in die Parlement ter tafel gelê word, sê Agri SA.

Luidens ‘n verklaring het die organisasie met mnr. Gugile Nkwinti, Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming, en senior amptenare van dié departement vergader.

‘n Voorlegging oor die konsepbeleid van die Groenskrif is toe met Agri SA bespreek, maar die dokument self is nie aan die organisasie gegee nie. Van die voorstelle in die Groenskrif handel oor beperkings op private grondbesit (grondplafonne), 'n reg van eerste weiering ten gunste van die staat wanneer grond te koop aangebied word, vennootskappe op staatsgrond, die regulering van grondbesit deur buitelanders en 'n nuwe wetsontwerp op grondbesit.

Werkgroepe op die been gebring
Die organisasie het intussen werkgroepe op die been gebring wat in diepte oor die bogenoemde kwessies asook waardasies, vergoeding, staatsgrond, institusionele reëlings, landelike ontwikkeling en die wetsontwerp op grondbesit moet besin.

Volgens mnr. Neels Ferreira, voorsitter van Agri SA se bedryfskamer, sal kundigheid van buite en regsmenings ook by die werkgroepe betrek word.

“Agri SA verskil nie met die Regering oor die noodsaak vir grondhervorming nie, maar het wel kommer oor bepaalde elemente van die Groenskrif wat ongunstig ervaar sal word. Daarom gaan ons op 'n konstruktiewe wyse aan die konsultasieproses deelneem en voorstelle doen oor moontlike alternatiewe benaderings waar die organisasie verskil met uitgangspunte van die Groenskrif.”

Beplande aksies
Agri SA het reeds inligting- en konsultasievergaderings oor die Groenskrif gehou, en sy transformasiekomitee en algemene raad vergader op 19 en 20 Julie om terugvoer vanaf die werkgroepe te kry en die dokument in sy geheel te bespreek.

“Agri SA en sy verwante lede gaan met erns aan die konsultasieproses oor ‘n veranderde grondbeleid deelneem, wat volgens alle aanduidings ‘n veel groter rol vir die staat in die grondmark wil vestig met die doel om wesenlike veranderings in die grondbesitpatroon teweeg te bring. Die beleidsvoorstelle gaan die huidige batestruktuur van die kommersiële landbou ten nouste raak." 

Daarom is die uitkoms van die beleidshersieningsproses vir elke boer, deelnemer aan die landbou maar ook vir verbruikers wat staatmaak op die bedryf se vermoë om voedselsekerheid te verseker, van wesenlike belang,” meen Ferreira.

2 Julie 2010

3.5
 
 
  • 1623 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Grobbies 
02 Jul 2010 18:50

Die staat moet eers hulle sokkerskuld betaal voordat hulle geld gaan hê vir grond.

  • antwoord
LiezlV
02 Jul 2010 07:14

toets

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Teenvoeter vir Johne

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Vernuwing top-boer se wenresep
  • Wind in blaaie van granate
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction